Afkondigings‎ > ‎

Outeniqualand se Winterbasaar

posted May 26, 2019, 12:43 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Onthou!!!
Outeniqualand se Winterbasaar
29 Junie 2019


(Vleiswerk begin op 24 Junie 2019)


Wit Olifante

Johann Richter soek al die wit olifante wat in jou huis, moterhuis, kombuis en kaste skuil.


Gholf Chip Kaartjies - Winterbasaar

Kom koop jou Gholf Chip Kaartjie @ R20 elk.
Jy moet net raai waar die balletjie gaan val.
Fantastiese pryse!
Kontak Bertie Truter


OUTENIQUALAND SE WINTERBASAAR
WIT OLIFANTE – VEILINGS


In 2019 begin Outeniqualand met ons Witolifant-veilings met die hulp van Org Visser van OHP afslaers.
As jy 'n wit olifant in jou huis het wat reg is vir 'n nuwe tuiste, maar dit is te waardevol om te skenk, kan jy dit op die veiling verkoop. Jy kan 'n reserwe prys vasstel op die item en die kerk sal kommissie op die verkope kry.
Kontak Org Visser.
Gratis registrasie om te kan bie op die veiling is nou oop. (by Org of by die kerkkantoor)
Gewone skenkings vir die wit olifant tafel gaan nog steeds na Johann Richter.
Comments