Afkondigings‎ > ‎

Outeniqualand se WINTERBASAAR

posted Jun 10, 2018, 11:50 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Jun 24, 2018, 11:16 AM ]
Outeniqualand se WINTERBASAAR
30 Junie 2018  om  09:00
Outeniqualand Sinksabrug-kerkterrein


Ons verkoop volop bekostigbare, gehalte vleis in die kerksaal vanaf 09:30.
Vleiswerkery begin op Maandag 25 Junie 2018 in die kerksaal.
Kom kuier sommer lekker saam en leer nuwe mense ken.
Geen ondervinding nodig.
Bring net jou skerp mes en snybord saam.


SKAPE/LAMMERS te koop

Skaap of Lam is te koop op bestelling.
Die prys sal nog bepaal word.
Kontak vir Stoffel Bester.
Alle bestellings moet in wees teen 24 Junie 2018.



"Golf chip" kaartjies is @ R10 per kaartjie te koop by Bertie en Wilna Truter.
Goeie pryse!
Jy moet net raai waar die balletjie gaan val.


Ons benodig:
  • "Lucky Packets" vir die lekkergoedtafel.
  • Bestanddele: Stork-to-bake, popcorn, suiker, strooisuiker, versiersuiker, klein lekkertjies, koffie (Nescafé) en tee.
  • Iemand wat die musiek kan doen (toerusting is in saal).



Dis Olifantfeestyd!

Vir die snuffelaars is daar baie interessante Wit Olifante.

Hordes Olifant-weeskindertjies word losgelaat;
hulle word aangeneem en kry nuwe huise!
Outeniqualanders, snuffel deur julle motorhuise, stoorkamers, solders
en daardie kaste bo in die kombuis waar julle nooit uitkom nie!
Skakel vir Johann Richter.
Neem asseblief kennis dat Pieter Stoltz tussen
10 en 17 Junie beskikbaar sal wees om Wit Olifantjies te kom oplaai.
Kontak hom gerus.


Bring jou buurman, posman, familie en vriende saam!!!

Comments