Afkondigings‎ > ‎

Outeniqualand Desember Somerbasaar

posted Nov 27, 2018, 10:18 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Dec 5, 2018, 11:52 AM ]
Outeniqualand Desember Somerbasaar
18 Desember 2018
Kobus Hattinghsaal



Ons Somerbasaar is om die draai!

In die voorportaal is 'n lys van al die tafels.
Vul asseblief jou naam in by die tafel waar jy wil help.
Ons het elkeen se hulp, hoe klein of hoe groot ook al, nodig vir die Somerbasaar om 'n sukses te wees.

Baie dankie vir almal wat klaar aangemeld het om by een of ander tafel diens te doen. Ons wil die res van die gemeente vra om asseblief betrokke te raak en hulp aan te bied al is dit net met 1 of 2 poedings of koeke, om te help by 'n stalletjie of in watter klein of groot mate ook al. Kontak gerus vir Merinda by 044 876 0158 (kerkkantoor) of vir Frikkie om in te skakel by 'n span.


Lekkergoedtafel

Hulle benodig kondensmelk, Stork Bake, versiersuiker, marshmellows, strooisuiker, pakke lekkers en Lucy Packets.


Gebak

Ons soek dames (of mans) wat vir ons lekker tuisgemaakte brode kan bak vir die basaar.
Beskuite en koeke is ook altyd in aanvraag.
Terte en kleinkoekkies is altyd 'n treffer.
As jy kan help, skakel asseblief vir Margie.


Somerbasaar – Olifant saamtrek!

Ek was 'n eensame, klein wit olifantjie.
Jare gelede het Ouniqua my laat aanneem deur nuwe ouers by Outeniqualand.
Kyk hoe gelukkig is ek nou!
Wil julle tog nie asseblief al die Wit Olifantjies daar by julle dieselfde kans gee nie?
Sommer voor einde November.
Comments