Afkondigings‎ > ‎

Nuwe leraar beroep na Outeniqualand – Ds. Jan Hendrik Fourie

posted Jan 20, 2019, 1:09 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Tydens die Spesiale Kerkraadsvergadering gehou op 6 Desember 2018 om 17:30 in die kerk, is Ds. Jan Hendrik Fourie beroep as nuwe leraar van Outeniqualand.


Ds. Jan het die beroep na Outeniqualand aanvaar en sy bevestiging en intreepreek vind plaas op 3 Maart 2019.
Ds. Jan was voorheen voltydse Leraar van NG Kerk Vredendal.

Ds. Jan is getroud met Karien en hulle het 2 kinders: Henk in graad 12 en Melani in graad 10.
Henk is gekies as hoofseun van Hoërskool Vredendal vir 2019.

Karien het 'n graad verwerf in Landbou (Hons. BSc Biometrie) en het haar later bekwaam as Wiskunde onderwyseres (Graad 8-10).

Ds. Jan sê van homself:
“Ek het van my ma se kant (die Cronjé-kant) handvaardigheid oorgeërf. Ek hou daarvan om besig te bly en met yster en hout 'n projek aan te pak. Ek is lief vir die natuur en kamp. Ek ry fiets, geniet balsporte en hou van mense.

Ons vra Outeniqualand se voorbidding vir Ds. Jan, Karien, Henk en Melani met die uittrede by NG Kerk Vredendal, die trek en hulle inskakeling by Outeniqualand.
Comments