Afkondigings‎ > ‎

NG KERK GEORGE-SUID - Vakature: Finansiële Beampte

posted Mar 15, 2020, 12:11 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Die NG Kerk George-Suid het 'n vakature vir 'n Finansiële Beampte (5 ure per dag) om diens op 1 April 2020 te aanvaar of so gou moontlik daarna.

Vereistes:
1. Matriek en ten minste 5 jaar finansiële ondervinding 'n vereiste.
2. Moet ten volle vertroud wees met Pastel.
3. Rekenaarvaardigheid.
4. Vermoë om dagtake selfstandig te beplan, te prioritiseer, uit te voer en af te handel.
5. Interpersoonlike verhoudings wat gefokus is op spanwerk.
6. Tweetalig: Afrikaans en Engels.
7. Geldige rybewys en eie vervoer.

Aansoek:
Stuur asseblief u aansoek en CV, met twee referente aan:
Tillie Nel, e-pos: admin@nggeorgesuid.co.za
Kandidate wat die kortlys haal, sal gekontak word vir 'n onderhoud. Die Kerkraad word nie verplig om enige aansoek te aanvaar nie of uit die aansoeke 'n aanstelling te maak nie.
SLUITINGSDATUM: 20 Maart 2020 om 17:00
Comments