Afkondigings‎ > ‎

MUSIEKBEDIENING

posted Sep 15, 2019, 11:28 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ons daag lidmate uit om hulle gawes in diens van die Here se koninkryk aan te wend. Daarom nooi ons jou om deel te raak van 'n musiekbediening wat voortaan verantwoordelikheid vir die voorsang tydens eredienste sal neem. Ons gedagte is dat daar groepe van 4 gevorm sal word wat op 'n roosterbasis Sondae die voorsang sal hanteer. Ons sal Sondae voor die erediens die liedere met die mikrofone inoefen. Ons wil graag ook mettertyd ons liedereskat uitbrei en nuwe liedere aanleer. Skakel met ds. Jan as jy hierby betrokke wil raak.
Comments