Afkondigings‎ > ‎

Lydenstyd-kruise

posted Mar 1, 2020, 11:51 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ons wil gesinne/lidmate uitnooi om volgende Sondag 8 Maart 'n tuisgemaakte kruisie saam te bring kerk toe (dit kan ‘n kartonkruisie ook wees). Skryf jou naam en selfoon nommer daarop. Ons gaan dit tydens die diens uitruil met ‘n ander gesin/lidmaat se kruisie. Die gedagte is dat ons dan vir daardie gesin/lidmaat tydens Lydenstyd sal bid.
Comments