Afkondigings‎ > ‎

Liewe Outeniqualanders - Bok en Nina

posted Jul 7, 2019, 11:45 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Liewe Outeniqualanders,


Baie dankie vir die 15 jaar wat ons hier geestelik tuis kon wees en dankie ook vir al die nuwe vriende wat ons hier kon maak.


Dankie vir al julle ondersteuning en liefde deur die jare. Ons kon ons geloof hier versterk en uitleef deur al die verskillende geestelike aktiwiteite wat Outeniqualand aan ons gebied het.


Ons dogter en skoonseun is deur ds. Japie in die huwelik bevestig en hulle drie dogtertjies is ook deur hom gedoop, baie dankie ds. Japie.


Ons is saam met julle bly oor ons nuwe pastoriegesin en ons wens julle ook alles wat goed is toe en baie seën van ons Hemelse Vader.


Groete en liefde


Bok en Nina

Comments