Afkondigings‎ > ‎

JEUGNAWEEK 1 – 3 November 2019

posted Sep 22, 2019, 12:02 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ons wil graag alle ouers met kinders uitnooi na ons jeug se afsluitingsnaweek by die Jeugsentrum op Hartenbos tydens die naweek van 1 – 3 November 2019. Elke eenheid het plek vir 'n ouerpaar met 2 of 3 kinders en het sy eie badkamer en klein kombuisie. Die kostes beloop R120 per nag per volwassene en R95 per nag per kind.
Die program gaan baie informeel wees met hope tyd vir kuier, speel, swem en ontspan.
Laat weet asseblief vir Ds. Jan indien julle gesin sou belangstel.
Comments