Afkondigings‎ > ‎

INLIGTINGSPRAATJIE: ARTHRITIS

posted Jan 27, 2019, 11:00 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Die siektetoestand, ARTHRITIS, neem daagliks toe in Suid-Afrika en al meer persone sukkel met die siektetoestand.

Die vereniging  “Arthritis South Africa” bied op Dinsdag 29 Januarie 2019 om 10:30 'n praatjie in die sitkamer van Huis JJ Watson aan. Die fokusgroep is veral ouer wordende persone in die George omgewing.
Hierdie is 'n eenmalige aanbieding en me Julie Martin van “Arthritis South Africa” nooi alle belangstellendes na haar aanbieding uit.

Huis Watson is op die hoek van Cradock en Fichatstraat, regoor die Watson slaghuis en NG Kerk George-Suid, geleë. Bring 'n vriend(in) na die geleentheid saam.
Comments