Afkondigings‎ > ‎

Huis JJ Watson - BASAAR - 4 November 2017

posted Oct 23, 2017, 2:17 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Go big or go home...

Huis JJ Watson het besluit ons gaan GROOT!!!

Kom ondersteun ons basaar op Saterdag 4 November 2017 - die kuier basaar vir jonk en oud!
Die basaar skop om 9 uur af met ontbyt wat in die eetsaal bedien word.
Regte basaarpoeding, pannekoek, tuisgebakte koek en tert gaan volop wees.
Kom besoek die nuwe verkoopsarea en snuffel tussen 'n wye verskeidenheid wit olifante, klere, boeke, cd's & dvd's rond.
'n Besoek aan 1 van die 2 teetuine is beslis 'n moet, terwyl die Donkiekar boere-orkes agtergrondmusiek verskaf (en natuurlik is jy meer as welkom om saam te skoffel).
Tussendeur word boereworsrolle, roosterkoek en vrugteslaai te koop aangebied, terwyl daar 'n varkie op die spit is en hoender gebraai word.

Onthou om jou hoenderbraai en "varkie op die spit" kaartjies vooraf te koop teen R50 elk.
Kaartjies te koop by die tehuis, h/ v Cradock - & Fichatstraat.
Of skakel Okkie / Charlene gedurende kantoorure by: 044 874 3039 / 044 874 3166.
Kaartjies kan ook in George afgelewer word.

Vir die kleinspan is daar 'n poppekas om 10 uur en 'n springkasteel (sodat hulle van al die energie ontslae kan raak na hul aankope by die kindertafel).

Kom kuier saam met jou hele familie by die tehuis.
Comments