Afkondigings‎ > ‎

Gewillige gestuurdes

posted Apr 28, 2018, 11:21 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Die Getuieniskommissie soek "Gewillige gestuurdes" om te help met die geestelike bediening op die plase. Die gestuurdes sal voorsien word van materiaal en goed toegerus word vir die bediening. Barry Robertson sal help met die indeling van die plase en die aanvanklike besoeke.
Kosie de Wet, voorsitter van die Getuieniskommissie sal by 'n volgende geleentheid aan die gemeente verduidelik wat dit behels.
Indien u voel dat u kan help met hierdie bediening, kontak Merinda by 044 876 0158 of ngouteniqua@mweb.co.za
Comments