Afkondigings‎ > ‎

FEBA Radio SA

posted Feb 10, 2020, 3:43 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
FEBA Radio SA is 'n wêreldwye media-bediening wat reeds vir 75 jaar lank die Evangelie van Jesus Christus aan die mins-bereikte mense van die wêreld verkondig, met verstommende resultate.
Dr. Jurie Vermeulen, FEBA se Nasionale Direkteur, gaan vertel hoe ons hierdie uitdagings wêreldwyd in 50+ lande hanteer en hoe ons media gebruik om mense met die Goeie Nuus te bereik. Sy multimedia aanbieding met video’s, getuienisse en foto’s sal jou vol verwondering laat oor God se magtige verlossings-werke in die verre (en nader) mins-bereikte lande.


Waar & Wanneer? FEBA Radio SA hou 'n gratis geleentheid op Vrydag 21 Februarie om 9:00 by Moedergemeente.

Wie mag kom? Alle leraars, pastore, voorsitters van uitreikkommissies en -aksies, asook almal met 'n hart vir God se groot opdrag, is welkom om dit by te woon.

Kom geniet na die tyd 'n heerlike koppie koffie of tee en 'n ligte verversing saam met hom.
Om jou plek te verseker, stuur vir ons 'n E-pos met jou kontakbesonderhede of skakel ons by 012-335 5708.
Comments