Afkondigings‎ > ‎

Ds. Jurie Wessels - Sondag 4 November 2018

posted Oct 28, 2018, 12:12 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ds. Jurie Wessels en sy eggenote Elena asook hulle drie kinders Jurie (17), Karla (15) en Nidia (12) word volgende naweek (3 en 4 November) verwelkom in ons gemeente. Die gesin gaan tuis by Henk en Sarie Vosloo.

Ds. Wessels is tans voltydse leraar by Worcester Moedergemeente.

Ds. Wessels is een van drie kortlys kandidate wat deur die Pre-Advies Komitee uitgenooi is vir 'n onderhoud. Hy lei die erediens op Sondag 4 November en na afloop van die diens sal sy onderhoud in die kerksaal plaasvind.

Ons wens Ds. Wessels en sy gesin 'n aangename en geseënde tyd by ons in die gemeente toe asook 'n veilige terugreis.

Ons bid verder, in nedereige afhanklikheid van God ons Vader, dat Hy die gepaste leraar na ons gemeente sal stuur.
Comments