Afkondigings‎ > ‎

Ds. Jan Fourie se Intreepreek en Bevestiging

posted Feb 24, 2019, 6:56 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ds. Jan het die beroep na Outeniqualand aanvaar en sy bevestiging en intree preek vind plaas op 3 Maart 2019.
Ds. Jan was voorheen voltydse Leraar van NGK Vredendal.


Ds. Jan is getroud met Karien en hulle het 2 kinders: Henk in graad 12 en Melani in graad 10.

Ds. Jan trek 1 Maart in by Outeniqualand se pastorie. Karien en die 2 kinders sal by hom aansluit vir die Bevestigingsnaweek maar sal dan vir eers weer teruggaan na Vredendal.
Melanie sal in die tweede kwartaal by Outeniqua Hoërskool begin en Karien hoop om teen daardie tyd 'n onderwyspos in George te kry en te kom nesskop in Outeniqualand Henk sal egter in Vredendal aanbly, aangesien hy gekies is as Hoofseun van Vredendal Hoërskool.


Ds. Anton Verwey, mede-leraar van Vredendal, sal Ds. Jan bevestig.

Die program sal min of meer as volg verloop:

Verwelkoming en bekendstelling
Johan Myburgh

Votum en Seëngroet
Ds. Anton Verwey

Kinderkoor van Diepkloof Laerskool

Bevestiging
Ds. Anton Verwey

Outeniqualand se Koor

Intreepreek
Ds. Jan Hendrik Fourie

Kenmekaartee in Kerksaal
Die gemeente leer Ds. Jan, Karien, Henk en Melani ken oor 'n koppie tee of koffe en 'n heerlike bordjie eetgoed.


Ons wil 'n beroep doen op elke vrou in die gemeente wat wil bydra tot die kenmekaartee om asseblief 'n bordjie soet of sout saam te bring en voor die diens op die 3de Maart net in die kerksaal af te gee. Daar sal ook 2 bordjies sout en 2 bordjies soet vanaf elke wyk kom. Ons verwag heelwat gaste en as daar een ding is wat Outeniqualand goed kan doen is dit mense bederf met ons gasvryheid en lekker saam kuier. Baie dankie by voorbaat.
Comments