Afkondigings‎ > ‎

Dis Kabaret tyd!!!

posted Nov 4, 2017, 10:52 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Op 8 en 9 November is Petro Taute se jaarlikse "60 minute om die wêreld" kabaret weer te sien. Dit is ten bate van Diepkloof kleuterskool, Sonskyn vallei Nasorg, Hartenbos Kleuterskool en Kinderwelsyn Grootbrakrivier. Dit is die 6de jaar wat hierdie gewilde vertoning plaasvind wat bestaan uit sang, dans en humor – 'n heerlike manier om 'n aandjie saam met vriende deur te bring.

Dit word by De Dekke gehou wat die lokaal gratis beskikbaar stel en daar sal gelukkige trekkings op albei aande wees.

Kaartjies @ R100 is beskikbaar vanaf middel Oktober (geen kaartjies word by die deure verkoop). Die deure open om 17:30 vir 19:30 en 'n à la carte spyskaart en kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Kontak die organiseerder Petro Taute by 083 287 6958 vir kaartjies of enige navrae.
Comments