Afkondigings‎ > ‎

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL KWILTTREKKING

posted Apr 14, 2019, 9:20 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Marie Muller van Hersham is die wenner van die pragtige Kwilt wat Suzanne Schreuder en die dames van die Dwarsweg Knutselgroep gemaak het. Baie geluk aan haar - ons hoop sy gaan jare se genot uit dié pragstuk put! Hier is sy saam met Ansofie Steyn, wat die kaartjie namens haar as 'n verrassing gekoop het. Diepkloof Kleuterskool het R7 050 met hierdie poging ingesamel.



Weer eens 'n groot dankie vir veral Suzanne wat die kwilt gemaak het, sowel as al die borge vir die materiaal wat daarvoor gebruik is. Hier is 'n paar van die Knutsel-dames ten tyde van die trekking van die wen-lootjie.
Comments