Afkondigings‎ > ‎

Diepkloof Kleuterskool

posted Jan 27, 2020, 12:49 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Diepkloof Kleuterskool bedank graag vir Marius Britz van Handyman Services (083 280 7720) van Suiderkruis Strand wat aangebied het om die onderhoudswerk by die Kleuterskool kosteloos te kom doen. Dit word baie hoog op prys gestel!

Ons soek leë 500ml koeldrankbotteltjies met hulle proppe om die kinders se tandeborsels in te bêre. Jy kan dit by die kerk in die mandjie los of by die skool of by Bernice afgee.
Comments