Afkondigings‎ > ‎

Diepkloof Kleuterskool

posted May 6, 2018, 11:18 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Noleen, die hoof van Diepkloof Kleuterskool, het onder ons aandag gebring dat daar 'n leerling in die kleuterskool is wie se mamma geen huisraad het nie. Geen bed, geen tafel, absoluut niks. Hulle werk met die kos op die vloer. Indien enige iemand kan help met "enigiets wat in 'n huis hoort" sal dit opreg waardeer word.
Kontak Merinda by die kerkkantoor (044 876 0158) of vir Noleen by 082 818 9538.
Comments