Afkondigings‎ > ‎

DIE HEUNINGDRAER

posted Jul 21, 2019, 11:37 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ons wil 'n beroep doen op jou om kreatief te raak en betrokke te raak by ons gemeenteblad “Die Heuningdraer”. Skryf 'n artikel oor iets, in en om jou gemeenstesirkel of oor 'n gemeente aktiwiteit waarby jy betrokke is/was. As jy iets op die hart het, of dalk 'n gedig of enige interessante wedervaring wat jy wil deel is dit die geleentheid. Gee dit in by Merinda by die kerkkantoor of sit dit in die “kommentaarkissie” of e-pos dit aan ngouteniqua@mweb.co.za

Wonderlike goed kan gebeur as Outeniqualanders kreatief raak.
Spring sommer dadelik aan die werk, want alle bydraes moet in wees teen 6 Augustus 2019.
Comments