Afkondigings‎ > ‎

BIDDAG VIR DIE LANDBOU EN EKONOMIE

posted Aug 18, 2019, 12:37 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Op Lentedag, Sondag 1 September, hou ons 'n Biddag vir die Landbou en Ekonomie.
Daar is talle streke in ons land, waaronder ons eie ook tel, wat gebuk gaan onder droogte. Die ekonomie ly daaronder, werksverliese vind plaas en mense verloor moed. Ons nooi die hele gemeenskap uit na ons VEROOTMOEDIGINGSDIENS om 09:30 by die NG Kerk Outeniqualand. Nooi asseblief jou bure en vriende uit na die diens.
Comments