Afkondigings‎ > ‎

BAIE DANKIE - WINTERBASAAR 2018

posted Jul 1, 2018, 2:37 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Jul 8, 2018, 11:27 AM ]
BAIE DANKIE aan elke gemeentelid wat gehelp het om ons 2018 Winterbasaar so 'n groot sukses te maak. Of jy gehelp het met die voorbereidings, op die dag van die basaar of net finansieël... dit word opreg waardeer en sonder elkeen se skouer aan die wiel sou ons nie hierdie wa so suksesvol deur die drif kon trek nie! Daar is soveel mense wat kom aanmeld het en lekker saamgewerk het in die span.
Belangrikste - dank ons ons Hemelse Vader vir sy seën op ons Basaar en al ons aktiwiteite!

Stoffel (ons eie vleisgeneraal) sê baie dankie aan elkeen wat aangemeld het vir die vleiswerk! Baie dankie ook aan die dames wat gesorg het vir die heerlike versnapperings en middagetes tydens die vleiswerk!

OUNIQUA sê dankie aan die getroue Olifantspan vir die ure se uitsorteer, merk, inpak, uitpak en verkoop van die olifantjies.
Dankie aan die nuwe ouers wat hulle kom haal het. - Johann Richter

Comments