Afkondigings‎ > ‎

Alpha: 26 Februarie - 21 Mei om 18:30

posted Feb 17, 2019, 11:39 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Alpha 2019

Hiermee nog ‘n geleentheid om by vanjaar se Alpha-kursus in te skakel.  Met die oog op die ouerskapsreeks kom die Alpha-groep nie Dinsdag bymekaar nie, maar eers weer 26 Feb.  Indien jy nog wil inskakel is jy baie welkom.

Tydens Alpha word daar ‘n spesifieke Kinderbediening aangebied deur Child Evangelism Fellowship – ons is bevoorreg om twee CEF werkers in ons omgewing te hê wat ons kinders in die tydgleuf wat hul ouers by Alpha betrokke is te bedien.  Kontak asb die kerkkantoor.

Die doel van die lewe is….. ????

Waaroor gaan dit?

Die Alpha Kursus is ‘n praktiese bekendstelling aan die Christelike geloof en gebaseer op “Die Soeke na Waarheid” deur Nicky Gumbel. Dit word reeds vir amper 30 jaar lank reg oor die wêreld aangebied.

Die Alpha-kursus word vanaf 12 Februarie tot 21 Mei op Dinsdagaande 18:30 tot 20:30 aangebied.

GRATIS. Almal welkom. Bestaan uit: ete, DVD en kleingroep besprekings.

15 dele – ondermeer:Wie is Jesus? Waarom het Jesus gesterf? Waarom en hoe moet ek die Bybel lees? Wie is die Heilige Gees? Hoe lei God ons?

Het jy vrae oor die lewe en oor die Christelike geloof? Kom vind meer uit en gesels en kuier saam rondom die etenstafel – en maak nuwe vriende!

Kontak Charl du Plessis (083 286 3291) of JP Sharp (076 589 5729) enige verdere inligting.

Alpha 2019 Info en inskrywingsvorm PDF
Comments