Trots Outeniqualand pette beskikbaar teen R70 per pet
Kom kry jou pet by die kerkkantoor of kontak Merinda by 044-876 0158 om een te bestel.
Barmhartigheidsprojek
Ondersteun asseblief my projek deur jou hare teen jou eie tarief te kom sny. Ek doen die werk, jy dra net iets by in die barmhartigheidsbussie en so help ons saam iemand in nood.
Outeniqualand se inrydiens is Sondagoggend om 09:30 by die dam agter die kerkgebou. Ons tema vir Sondag is: “Voor die Here sal ek dans”
Die teks is 2 Samuel 6
Deuroffer: GEMEENTE-ONTWIKKELING (SINODAAL) Hierdie bediening van die Sinode word nou “Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling” (NGGO/GKS) genoem. Die roeping van die NGGO is om saam, as familie van missionale kerke, by God se sending in die wêreld betrokke te wees deur nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.
Fokusareas van NGGO/GKS:
Ontwikkeling van opleidingsmateriaal sowel as die aanbied van opleidingsgeleenthede waar lidmate, kerkraadslede en predikante toegerus word om NGGO’s te vestig.
Begeleiding en deurlopende ondersteuning van kerkrade, ringe en NGGO ontwikkelaars.
Befondsing van die vestiging van nuwe Geloofsgemeenskappe en infrastruktuur ontwikkeling.
Kundige hulp aan nuwe Geloofsgemeenskappe insake fondse en infrastruktuurontwikkling.
Diepkloof Kleuterskool het nog plek vir 20 kleuters tussen 3 en 6 jaar oud. Ons vra die boere om asseblief hulle werkers aan te moedig om hulle kleuters in te skryf vir die kleuterskool. Dit is 'n puik kleuterskool met opgeleide en toegewyde onderwyseresse.
Posted Feb 21, 2021, 5:56 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Outeniqualand se inrydiens is Sondagoggend om 09:30 by die dam agter die kerkgebou. Ons tema vir Sondag is: Om Jesus te sien in donker oomblikke!
Die teks is Johannes 9
Intussen gaan die werk aan die kerk onverpoos voort.
Deuroffer: Gemeenteondersteuningsfonds Die Gemeentehulpfonds verleen ondersteuning aan gemeentes wat finansiële probleme ondervind. Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of instandhouding van fisiese fasiliteite nie.
Posted Feb 21, 2021, 5:52 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Ons is opgewonde dat ons Mansbybelstudie weer afskop op Donderdag 18 Februarie om 08:00 die oggend by die Kobus Hattinghsaal asook die Outeniquastrand Vrouebybelstudie om 09:30. Wat 'n voorreg om weer te kan saam lees en bid!
Posted Feb 14, 2021, 10:21 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Eerskomende Maandag, 15 Februarie begin die 2021 skoolkwartaal vir die meeste skole. Ons dink ook hierdie week spesiaal aan ons kinders, families en onderwyspersoneel, bestuurspanne en regeringsdepartemente wat met unieke uitdagings hierdie skooljaar tegemoetgaan. Die Departement van Basiese Onderwys het pas die nuwe skoolkalender vir 2021 bekendgestel. Die kalender is aangepas nadat die akademiese jaar weens 'n nuwe golf van COVID-infeksies met twee weke uitgestel is.
Die nuwe kwartaaldatums is as volg: 15 Februarie – 23 April 3 Mei – 9 Julie 26 Julie – 1 Oktober 11 Oktober – 15 Desember Verander dit asseblief so op jou Outeniqualand 2021 Kalender.
Posted Feb 14, 2021, 10:20 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Badisa vra hulp met klere vir kinders, ouderdomme 4 jaar en ouer vir seuns en dogters. Klere vir volwassenes is ook altyd welkom of enige items wat lidmate kan skenk aan Badisa. Die items kan afgelaai word by Badisa se kantore in Vicotria straat no 60, of kontak hulle by 044 874 5013
Posted Feb 14, 2021, 10:19 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Dankbaarheid: Mag God ons oë daagliks open vir dit wat U ons gee om dankbaar te kan wees. U gesante te wees.
Wetenskaplikes en teoloë wat almeer besig is om die bestaan van God en die opstanding van Christus te bevraagteken. Mag U hulle harte en oë open om in geloof na die skepping en U te kyk.
Politici en leiers om hulle aan die reg te onderwerp en nie deur verset ons land in konflik te plaas nie.
DANKIE VIR:
Ons kinders wat weer kan skoolgaan. Gebed: Dat ons alles in gebed en smeking voor U kan lê. Dat U Woord ons leer om dankbaar te wees. Ons gesondheid. Dat ons elke oggend wanneer ons wakker word kan sê: “Dankie Vader dat U aan my 'n nuwe dag gee met nuwe geleenthede. Ek loof U daarvoor!"
BID ASSEBLIEF VIR:
Fanie Hugo, Johan en Louwie Greyling se dogter Mia, Eleanor van der Vyfer, Susanne Schreuder se dogter Collie, Lampies Lambrecht, Hester Vorster se dogter Danica, Janita Russouw, Marietjie Kotze, Dorothy Robertson.
Posted Feb 20, 2021, 9:14 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand