MAX VERSTAPPEN, jongste F1 wenner op 18 jarige ouderdom. Skuil daar dalk talent onder Kleinplasie se eie jong deelnemers?

Bo is pas en seuns wat al op Kleinplasie deelgeneem het.
VINNIGE PAS EN SEUNS OOK OP WORCESTER SE MEGA OVAL



WATCH THIS!

Jos Verstappen glo die sleutel tot sy seun Max se sensasionele vordering tot Formule 1 se jongste wenner was hulle benadering en oplossing van enige swakhede gedurende Max se gokart dae.

Die pa-seun-alliansie was 'n noue een sedert Max met wedrenne begin het, en Jos dink dit was die manier waarop die twee te werk gegaan het om te verbeter en hoe hulle uitgewerk het waarom dinge verkeerd geloop het wat nou resultsate lewer.

Gedurende sy opvoeding as 'n jong seun het Max 'n wye hoeveelheid inligting van die sport verkry wat hom gehelp het om die jongste Grand Prix wenner ooit in F1 te word. Sy pa, Jos het ook ure en ure met hom spandeer.

Elke maneuver of elke fout wat hy gemaak het, het hulle oor gepraat, nie geskree nie: maar gepraat en verduidelik. Dis heelwaarskynlik waarom hy so vinnig vir sy ouderdom is. Sy pa sê hy weet al lankal dat Max beter as hy is en voel heel trots daaroor.

Jos wat 'n voormalige Benetton en Arrows bestuurder was maar nooit die soort resultate gelewer het wat baie van hom verwag het nie, glo ook dat sy seun aangehelp is deur wat hy geleer het tydens sy eie F1 loopbaan.

Jos onthou al sy ongelukke, sy goeie punte en sy swak punte, maar mens het ook 'n bietjie geluk nodig om bo uit te kom, jy moet ook op die regte plek op die regte tyd wees, en gelukkig het hulle dit gedoen.

Omdat hy so jonk was het almal hom dopgehou vanaf die eerste oomblik wat hy in 'n F1 renmotor was, maar het 'n uitstekende werk gedoen, die manier waarop hy gejaag het, die manier hoe hy dinge en homself hanteer het. Hy het stil gebly wanneer dit nodig was om stil te bly, en dit is iets besonders.

Nadat Max na Red Bull bevorder is, het sy pa die besluit geneem om 'n entjie van sy hoë-profiel betrokkenheid by sy seun se loopbaan terug te staan, maar gaan nog voort om hom te bestuur. Hy glo egter dat sy 18-jarige meer as gereed is om op sy eie te werk.

Hy was alreeds in Barcelona gereed om alleen te werk, veral na 'n wedren soos wat hy in Spanje gery het. Sy pa voel egter al die werk is nog nie gedoen nie en sal nog steeds probeer om hom in die regte rigting te bestuur en af te rig.

Alhoewel daar 'n mate van risiko was om Max na Red Bull op te skuif ná net meer as 'n jaar van F1 wedrenne op sy kerfstok, was dit 'n stap wat nie van die hand gewys kon word nie. Die lewe is 'n risiko, maar almal weet die gehalte van Max, en Red Bull weet die eienskappe, hulle het hom goed ontleed.

Jos dink ouderdom soos almal gesê het is nie 'n groot probleem nie. Max het met die wen van die Spaanse Grand Prix bewys dat hy 'n behoorlike bestuurder is en dit is die belangrikste ding.
Comments