GO TO SMARTPHONE

http://smart.megaoval.com/








https://sites.google.com/site/megaovalsmart/HOME

http://smart.megaoval.com/


USE THE LINK IN THE ADDRESS BAR OF THE NEW PAGE HAT OPENS FOR YOUR MOBILE PHONE AND BOOKMARK IT FOR FUTURE USE.

SOON MORE OPTIONS!
 
WAAROM 'N SLIMFOON?


Vir iemand wat nie ernstige rekenaarwerk of kamerawerk doen nie is die tradisionele Desktop PC, Laptop, Compact Camera, HD Camcorder, DSLR kamera met sak en bybehore wat al ewig saam ge-karwy word onnodig en is baie van hierdie goed dalk iets van die verlede. 

Dis ook nie nodig om ‘n MP3 player, FM Radio saam met ‘n gewone selfoon te dra nie. Goodbye vir ‘n GPS, WebCam, Scanner en die nuutste DashCam gier. Tel die kostes van al die ekstra toerusting op en dalk is die slimfoon nie so duur nie. 

Vergeet van ‘n printer en “dra” al jou dokumente saam online. Google vir oneindige inligting en kry antwoorde, Skype en epos. Doen banksake en bly op hoogte van nuus. Koop en verkoop met Gumtree, OLX, Amazon, bidorbuy, TakeaLot, Kalahari.com 

Kyk wat die weer inhou. Soek ‘n plek op Maps en gaan na Streetview en kyk hoe lyk dit daar. Loer wat gaan aan op social webwerwe soos Google+ of Facebook en lewer kommentaar. 

Luister na radio of musiek, gebruik as ‘n flits met kragonderbrekings of installeer nog baie sulke applications, duisende om van te kies. Kry speleties, Kyk ‘n video, of gaan loer na die nuutste videos op YouTube. 

Maak en ontvang hands free oproepe of luister na musiek met Bluetooth en herlaai die battery terwyl jy ry. Skakel vir hulp of soek blyplek terwyl jy op reis is deur een van die selnetwerke. Koppel ‘n USB kabel om fotos of files af te laai. Konnekteer met ADSL deur WiFi by die huis. 

Loer na jou klub se webwerf, skryf in om deel te neem, kyk gou na die puntestand**, neem ‘n 18 megapixel foto of ‘n HD video by ‘n byeenkoms sonder om ‘n klomp goed saam te dra. **Nog opsies binnekort op slimfoon. 

Stel die alarm of laat jou herinner word van verjaarsdae of belangrike dinge. Neem vinnig ‘n “stem-nota” of neem ‘n foto van iets wat moeilik is om te verduidelik. Dit alles en nog meer met een apparaat wat maklik in jou sak pas. 

Indien die slimfoon se skerm te klein is kan ‘n Tablet rekenaar eerder aangeskaf word wat ook oor al die funksies van die slimfoon beskik en dan die tradisionele dagboek vervang en ook geskik is vir die lees van digitale koerante, tydskrifte en boeke.

Slimfoon pryse raak al hoe meer bekostigbaar noudat mens nie meer vir die fancy Apple en Samsungs hoef te gaan nie. Takealot.com het tans 'n hele paar bekostigbare fone onder R2,000 om van te kies wat sommer on-line gekoop kan word en binne twee dae gratis afgelewer kan word. Daar is gereeld slimfone van Hisense en Hauwei wie se produkte al hoe beter raak van onder 'n R1000 met al die basiese benodighede en goeie waarde vir geld.

Vir meer inligting loer op takealot.com vir goedkoop slimfone.



If you are at home on your PC, Laptop or Tablet you can monitor the information going out on the 
smartphone in the window below.

Comments