Entries
   


Ons is tans lekker besig met die dinee reëlings, ons soek nog na mense of besighede wat vir ons Wisseltrofees kan borg asb of finansieël kan bydra om wisseltrofees aan te koop. Dis nogal 'n aardige bedragie asb, dis 'n once off vir die klub, want dit bly die klub se eiendom en jou besigheid se naam kom vir altyd daarop. Die wat reeds vir ons gehelp het, baie dankie.
Praat met JD vd BERG
 
 

 
 

 
 


NA WEDREN 1

Vanaf JD van den Berg, Suzaan Bredenhann, Salmon Briel, Johan le Roux, Hank Els en Wilmarie Smit Els, 'n baie groot dankie aan elke liewe drywer en toeskouer wat gisteraand se openingswedrenne by Mega Oval Kleinplasie bygewoon het. Sonder toeskouers en deelnemers is daar nie 'n klub nie. Ons glo die aand was 'n sukses, ten spyte van die koue, dankie aan die drywers wat van ver kom deelneem het, Oudtshoorn Motorklub, George Motorklub. Dankie aan TRW vir julle gereelde ondersteuning en aan CHD se deelnemers en komitee lede wat die aand bygewoon het.

Ons klasborge wat getrou bydra tot die sport, Schalk Swart dankie vir die prysgeld van die Midgets en Jean Pierre Robberts vir die prysgeld vir Driver of the Day. Groot dank aan Salmon Briel vir die baan voor-bereiding. Dit was 'n puik baan met harde racing van die eerste vlag af. 
Nou lê die harde werk voor vir die dinee wat plaasvind op Vrydag 13 Oktober en die volgende wedren op 14 Oktober.

Indien enige persoon of instansie wil betrokke raak by Mega Oval kontak JD vd Berg gerus per epos by

  jdvdberg15@gmail.com - of by 083-350-9481


72 Deelnemers van George Motorklub , Oudtshoorn Motorklub , Cape Helldrivers , Tygerberg Raceway en Mega Oval het die openingsrondte van die seisoen op Kleinplasie bygewoon.
 

Die uitslae is as volg:


Junior Mini klas:
Tersius van Tonder
Hendrik Vos Jnr

Pinkrods:
Clarizka Havenga
Vicki Meyer
Chantall Eksteen

Stockrods:
Christiaan Esterhuyse
Ivan Theron
Jacques Els

1660:
Jacques du Plessis Jnr
Saliem Dalwai
Tersius van Tonder Jnr


2.1 Modifieds:
Gavin Flemming
Roelof Wolvaardt
Logan Brink





Midgets:
Anco Jordaan
Schalk Swart
Anton Lloyd

Heavy Metals:
Danie Smuts
Clive Meyer
Jade Lynch

V8 AMS:
Manfred Oehl
Alexander Oehl
Jd Truter

Hotrods:
Tiaan Louw
Hank Els
Johan Malan


Breedevallei Truck Centre
Driver of the Day : Gavin Flemming

Volgende byeenkoms is op
Saterdag 14 Oktober om 18:00




Besighede of mense wat belangstel om voortaan in die programboekie te adverteer kan vir Nastasha Whitehorn kontak by nastashawhitehorn88@gmail.com