Tien Pieke Projek

Die 10 Pieke projek is 'n projek om 'n stempel te plaas op elke bergpiek wat op 'n gereelde basis deur ons afdeling geklim word en sodoende lede aan te moedig om meer gereeld te klim, hetsy op klub uitstappies of privaat. Ons ervaar gereeld die frustrasie van 'n sopnat piek boekie, 'n pen wat nie skryf nie, of die rekords wat bloot weg is. Dit dan ons motivering vir die projek in kort. Daar is reeds BKSA stempels geplaas op:
  • die Tweelingpieke (1494m)
  • Haelkop (1384m)
  • Rifberg (1515m)
  • Jonkershoek
  • Groot Drakensteinpiek (1491m)
  • Simonsberg (1390m) en
  • Mostertshoek Tweeling (2031m)

Die ander pieke wat deel uitmaak van die eerste fase is :
  • Du Toitspiek (1994m)
  • Victoriapiek (1591m)
  • Buffelshoekpiek (2059m)
  • Sybasberg (1899m)
  • Baileyspiek (1517m) en
  • Matroosberg (2249m).

Die stempel is in 'n aparte roomys bak (saam met inkkussing) op dieselfde plek waar die boekies by die baken gebêre word, of daar naby. Kontak die bestuurslid vir klimprogram by uitstappie@ste.mcsa.org.za indien u meer wil weet of om aan die 10-pieke stempel projek deel te neem. Doen dit sommer nou! Bel vir Paul by 021 887 4113(h) of 021 808 3334 gedurende kantoor ure of stuur 'n epos aan: tien-pieke@ste.mcsa.org.za

Ligging van die Stempels vir die Tien Pieke Projek (in PDF formaat)
Voorbeelde van die eerste 20 stempels wat vir die Tien Pieke Projek gemaak is (in PDF format)

Die Plasing van Stempels vir 10-pieke projek 2013.pptx


Comments