Welcome‎ > ‎Poetry‎ > ‎Afrikaans‎ > ‎

'n Plek

Waneer ek kyk na die dik wit wolk,
En die groot helderblou lug,
Dink ek aan 'n plek van ons volk,
En my liggaam gee 'n sug.

Dis 'n plek met meer groen en min lawaai,
Meer diere en voëls wat sing,
Meer valleie en koppies so fraai,
Meer bome wat die wind so bring.

Dis die voëls wat 'n lied vir die Here bring.
Dis nie spesiaal vir die mense gesing.
Vir hulle "pragtige" besoedeling.

Op 'n ander plek word 'n dier gejag,
Gelos vir 'n dag en word nie geslag.
Maar hier is waar die diere vir die mens lag!


Written by Louis van Niekerk on 14 November 2000
Comments