Genealogie-blaaie van Johann Ahlers


Die voorouers van Jóarie (Joekie) en Rianné Ahlers

Dit het my nooit baie gepla wie my voorouers is nie - ek het immers nooit my Afrikaanse oupa en ouma geken nie (my oupa is kort voor my ma se geboorte oorlede en my ouma toe my ma maar 14 was). My Duitse ouma en oupa het ons gereeld gesien en ek was tevrede om te weet dat hulle 'eers onlangs' uit Duitsland in Suid-Afrika aangekom het. En dan het die 'taalbrug' ook nog gemaak dat ons baie selde in 'diep' gesprekke oor die verlede betrokke geraak het - en as jongmens is dié goed mos nie interessant ("cool") nie.

En toe... op 'n dag (toe nie Nerine of ek enige lewende oupas of oumas oor het nie!?) begin ek wonder hoe dit alles inmekaarsteek. Ek (dog ek) weet waar ek vandaan kom, maar waar kom ons oupas en oumas vandaan? En hulle oupas en oumas? Ons dra waarskynlik iets van elkeen van hulle elke dag in ons saam en as selfs net een van hulle nie daar was nie, sou ons definitief nie hier gewees het nie...

Miskien het ek eers begin wonder toe ek besef dat die skakels met vorige geslagte een vir een vir altyd verdwyn (het)!? Die ernstige begin van my soeke was in 2001. Aan die begin was dit moeilik, onduidelik en verwarrend (met BAIE ontbrekende stukke), maar met baie genade, geluk en rondkrap, EN die hulp en insette van baie wat vroeër en ook dieselfde tyd as ek gesoek en gewerk het, is ek bevoorreg en dankbaar om hierdie prentjie te kan gee van die

bekende voorgeslagte ('kwartierstaat') van

Jóarie (Joekie) en Rianné Ahlers,

kinders van Nerine le Roux en Johann Robert Ahlers.

volgende...