Home‎ > ‎

Met ons pelgrimsreis op aarde - CCLI 7069242

posted Nov 18, 2017, 2:04 AM by envangeli Webmaster   [ updated Nov 18, 2017, 2:10 AM ]
Met ons pelgrimsreis op aarde

1
Met ons pelgrimsreis op aarde
soek ons ware lig en hoop.
Soos die wyses oor die jare
wil ons ook na die Ster toe loop.
Trek ons nader, trek ons nader,
laat u vrede op ons daal,
laat u vrede op ons daal.

2
Hoor jy ook die goeie tyding
in jou donker aardse stryd?
Oral hoor ons van bevryding,
oral hoor ons: Dis Kersfeestyd.
Juig nou, mensdom! Juig nou, mensdom!
Prys Hom tot in ewigheid!
Prys Hom tot in ewigheid!

3
Gloria! Excelsis Deo!
Ons is in die hemelhuis!
Gloria! Excelsis Deo!
Ewig t'rug na die aardse reis.
Halleluja! Halleluja!
Gaan jou Heiland tegemoet.
Gaan jou Heiland tegemoet.

Melodie: CWM Rhondda - John Hughes 1907
Woorde: Tinus Badenhorst
CCLI 7069242  |  Kopiereg © 2015 - envangeli
Ċ
envangeli Webmaster,
Nov 18, 2017, 2:10 AM
Comments