Home‎ > ‎

Met die herders van die ope velde

posted Dec 9, 2017, 9:42 AM by envangeli Webmaster   [ updated Dec 9, 2017, 9:43 AM ]
Met die herders van die ope velde


1
Met die herders van die ope velde
kom ons ook na Betlehem.
Hierdie Kind is groter as die helde,
hierdie Kind het God se stem.
In die weerklank van die eng'leskare
wil ons juig met hemelse fanfare:
“Halleluja! God word mens!
U oortref ons grootste wens!”


2
Van die stal versprei die tyding verder
deur die eeue tot vandag:
Hier die Kindjie is die Goeie Herder,
hierdie Kind verlig die nag!
In die weerklank van die eng'leskare
wil ons juig met hemelse fanfare:
“Halleluja! God word mens!
U oortref ons grootste wens!”



Melodie: Herr und Ältster deiner Kreuzgemeinde - Christian Gregor
Woorde: Tinus Badenhorst (uit Kers Oratorio vir Outeniqualand 2014)
CCLI 7069241  |  Kopiereg © 2014 - envangeli
Comments