About Us‎ > ‎

Testimonials

Some Feedback from Happy Clients:

"Na gesnyde brood, is jy die beste ding wat ons skool se pad gekruis het! 

Baie dankie aan jou en jou span vir al die geduld, insette en ongelooflike dansbewegings wat julle vir ons Wouwtjies geleer het. Sonder julle sou ons nie so produksie kon gelewer het nie! 

Dankie vir jou menswees, raadgee, vriendelikheid en jou professionele wyse van werk. 

Ons waardeer dit opreg...en hoop ons sien weer oor vier jaar! " - Marica Botha, Laersool Anton van Wouw




"Ek wil net vir jou baie baie dankie se vir alles wat jy ingesit het met mnr en mej O/M dit was weereens n reuse sukses sonder jou sou dit beslis nie op die standaard kon gewees het nie nogmaals baie baie dankie jy bly die beste. Ek dink persoonlik dit was een van ons bestes gewees klank en beligting ingesluit. Geluk wense stroom nog steeds in die hoof het my ook gevra om sy gelukwense aan jou oor te dra hy was BAIE beindruk met die standaard en kwaliteit en smaakvolheid en profesionele produksie so baie geluk aan jou." - Gene Barkhuizen, Hoërskool Oos-Moot




"Christa-Louie, baie dankie vir die awesome danse wat jy vir ons uitgewerk het. Jy is absoluut fantasties en so prefessioneel. Wat ’n voorreeg om jou as deel van ons span te hê" - Karen Jacobs, Hoërskool Volksrust


"Duisende dankies vir al jou harde werk en moeite met ons klomp. Jy is werklik ongelooflik kreatief! Ek is sooo bly jy werk saam met ons. Ons musical gaan verseker op ’n heeltemal ander vlak wees as die vorige twee danksy jou. Die kinders geniet dit ongelooflik baie!" - Rina Erasmus, Hoërskool Volksrust