17 SEPTEMBER 2016 - WEDREN VERSLAG : Marietjie Rix & FOTOS : Andre Alberts

V8 SUPER SALOONS
Hierdie  klas is ook stadig maar seker besig om te groei. Louis Jordaan het ook weer 'n slag hierdie seisoen sy verskyning gemaak in die V8 klas met sy swart "BEAST", maar soos dit maar soms aan die begin van 'n seisoen is, het hy bietjie probleme gehad met sy kar en kon nie die wedrenne voltooi nie. Duane Rademeyer se kar het ook mooi presteer, maar ook hy het probleme gehad met brandstof  lekke wat hy nie kon herstel nie. Bennie de Bruin is 'n nuwe lid van die V8 klas en Derick het maar gesukkel om by hom verby te kom. Bennie het ook met gewone pad bande deelgeneem, maar die prentjie gaan beslis verander wanneer hy ook 'n paar brëe tekkies opsit en die manne kom aanvat! Derick Taljaard het weereen koning gekraai en het met die 1 ste plek weggestap.

V8 LEXUS KLAS
Aangesien daar nie genoeg karre in elke klas was nie het Sakkie besluit om al die V8 karre en Heavy Metals saam te laat ry. Gewoonlik ry die V8 Super Saloons die Lexus klas karre deurmekaar, maar hierdie keer was die bordjies redelik verhang tussen die manne. Manne soos Kosie Weyers, Leonard Joubert en Clive Geldenhuys het die manne laat sweet en dit was nie sommer net vir verbygaan nie.  Die Super Saloon manne moes werk om by hulle verby te kom, en soms kon hulle dit ook nie regkry nie.  Die Lexus manne verdien beslis nou  meer respek. Dit was natuurlik baie opwindend om so baie V8 karre in die wedrenne te sien. Kosie Weyers was 1ste in finaal met Leonardt Joubert 2de en Clve Geldenhuys 3rde. Leonardt Joubert is tans die voorloper op algehele punte in die Lexus Klas

GV VELDDIENSTE WORCESTER HEAVY METALS
Die 6 silinder Heavy Metals is en sal seker altyd een van die gewildste klasse wees in Ovaalbaan wedrenne. Ongelukkig was daar nog net 3 karre wat deelgeneem het, maar die getalle gaan nog baie groei. Aangesien Cape Hell Drivers ook hul 1ste wedren van die seisoen gehad het, was daar nie van hulle wat kom saamry het nie. In die verlede het ons al 18 Heavy Metals in 'n wedren gehad en toeskouers het uit hulle stoele uit opgestaan om hierdie wedrenne te kyk. Hendrik Vos laat gewoonlik die armhare regop staan wanneer hy die baan in "drift". Wemer van der Merwe  is natuurlik ou Hendrikkie se "nannas" en dan moet Hendrik rondkyk. Wimpie Fourie het ook deelgeneem, maar aangesien sy kar nog standaard is, kom hy nie voor by die manne nie. Maar, ou Wimma sê hy ry vir die plesier en nie om te wen nie. Die mannetjie is 'n sportman 1000? Ongelukkig het Wemer bietjie probleme gehad met sy kar en kon hy nie die aand se wedrenne voltooi nie en het ou Vossie met die 1 ste plek beker weggestap. 



AVBOB STRAND MIDGETS
Ongelukkig het Brian Houndsome se se mooi kar gebreek in die oefen tyd en kon ons hom nie sien tydens die wedrenne nie. Die Midget klas het vir baie opwinding gesorg toe Graham Parkins sommer van die begin af die die voortou geneem het op die baan.  Andre Lotze het gou besef dat hy sy slicks sal moet opsit as hy vir Graham Parkins en Zim Geldenhuys wil vang. Duidelik was dit sigbaar toe hy uitkom met sy ander bande, en  moes die ander 2 manne rondkyk vir daai klein mannetjie! Hopelik sien ons die volgende wedren vir Gary Linders en die ander span van Kleinplasie hier op die baan.


ADM BEDRYWE CALEDON 2.1 MODIFIEDS
Aangesien daar min karre was in die 1660 en 2.1 klas, het hierdie klasse saam gery. Devan Marais het natuurlik die blou blitse uit die manne gery met sy mooi Totota aangedrewe Tigra, maar hy het die voordeel van slick bande op sy kar. Gee maar vir Ricardo Davey kans om die speelveld gelyk te maak, dan sal Devantjie moet rondkyk. Ruan Jordaan was glad nie bang vir die 2.1 manne nie en het met sy 1660 Golfie heeltyd op hulle gebly. Francois Smit het 'n pragtige Tigra gekoop, maar daar sal nog bietjie geskaaf moet word aan hom en kar om meer kompeterend te raak. Francois het heelaand sonder clutch gery en dit maak dit baie moeilik... Stefan Smit het ook deelgeneem in die 2.1 klas met sy standard Pinto, maar daar kan nog baie getoor word om hom met die 2.1 klas gelyk te bring. Hierdie klas is ook nog baie onvolledig maar as almal se karre net eers reg is gaan ons nog lekker wedrenne sien.


GOODWOOD ENGINE DIFF & GEARBOX IMPORTERS STOCKRODS
Die Stockrod klas was baie onvolledig aangesien daar nog heelwat drywers is wat nog besig is om hulle karre klaar te maak. 'n Nuwe lid van die klas wat ons in die toekoms gaan sien is Lindi Smit van Worcester. Na die kanker wedren het die gogga haar gebyt en het sy besluit dat sy beslis vir haar 'n karretjie gaan aanskaf. Rowan Minords is ook tans besig om 'n nuwe kar te bou en sal ook gou gesien word met sy nuwe kar. Naude Stoltz se swart Golfie het baie goed presteer soos altyd, en Herman Swart het weer baie "sports" gemaak wanneer hy so tol tydens wedrenne! Ek wonder net waar was Phillippie Terblanche en Wernand Vermeulen, en waar is al Kleinplasie se Stockrods dan?

MINIS
Ons 4 Mini drywertjies het Saterdag 17 September 2017 ons baie trots gemaak met hul mooi vetoning wat hulle gelewer het. Carla de Kock, wat haar 1ste wedren ooit agter 'n stuurwiel gery het, het haar karretjie baie goed hanteer en soos 'n pro gery. As dit is hoe sy ry met haar 1ste wedren, sien ek moeilikheid kom vir die jong mans in hierdie klas. Mia Kriegler het haar man gestaan tussen die 2 jongmanne en haar waagmoed was duidelik sigbaar. Sy het beslis nie terug gestaan vir die 2 jongmanne nie en weggestap met 'n 3de plek. Michael Rossouw se wedren ondervinding het duidelik gewys tydens sy wedrenne. Dit het nie saak gemaak waar hy wegtrek nie, want voor het hy geeindig! Zandro Rohlandt het hard probeer om by Michael verby te kom, maar Michael het dit nie toegelaat nie, en moes maar tevrede wees met sy 2de plek.
Hopelik gaan hierdie kinder klassie nog groei en beslis 1 van die gewildste klasse word.




Baie dankie aan ieder en elke een wat my so welkom laat voel by Bredasdorp Raceway. Ek het net gister weer besef groot is nie altyd die omegs. Julle lede het gisteraand vir my en die publiek met seker van die minste karre wat ek ooit 'n event aangebied het die grootste show opgesit. Almal vanaf die kaartjie verkopers tot die kroegman se harte is op die regte plek. Julle almal rock wat die aand so lekker gemaak het. Weereens BAIE DANKIE



Many thanks to every one who make me feel so welcome at Bredasdorp Raceway. I have just realised yesterday again big is not always the omegs. Our members last night gave me and the public a fantastic show with the least cars I ever organised. Everyone from the gate to the bar man. All did it with their hearts in the right place. You all rock and made the night a lot of fun. Thank you once more. 
Sakkie Joubert




Comments