Kanselstorie

Die ontwerp van die liturgiese ruimte is deur ds. Ellis behartig. Die preekstoel met die voorstewe van 'n visserskuit met sy kort mas is nie net Bybels nie, maar hou 'n besonderse verband met ons gemeente omdat sovele van hulle ware vissermanne was. Die stinkhout en geelhout van hierdie pragstuk is geskenk deur mev. Fechter van Knysna. Dit is ontwerp en die planke uitgemerk deur mnr. Hentie van Rooyen en gebou deur mnr. Hans Steyn, albei van Knysna. Die anker en ketting is in die vroeë 2000 gemaak deur mnr. Bill Pretorius, 'n lidmaat.

Die tafel en stoele, van stinkhout, is gemaak deur Gert Botha en Ad Barnard.

Die banke is gemaak deur die broers Fischer van Queenstown en die orrel van 'n Duitse fabrikaat, is gebou deur Cooper, Gill en Tomkins.