Ons Storie

Hier gesels en kuier ons saam oor alles wat ons na aan die hart lê:

Ons liefde vir God, vir mense en vir dit wat ons lewensreis spesiaal maak.

Ons hartswens vir elkeen van julle is dat 2017 ‘n jaar vol blydskap en dankbaarheid sal wees.

Kom leef so dat die wêreld kan sien ons Here is in beheer en dat daar geen einde aan Sy liefde is nie.

Kom geniet elke dag, ongeag omstandighede, en leef as ligdraers.

VLEIE-Wie is ons.pdf

Hier is die foto’s van die Kruisstasie 2018 Uitstalling deur van ons plaaslike kunstenaars wat besigtig kon word in die kerkgebou.

Op Vrydag die 30ste het die Nagmaalsviering in die kerksaal plaasgevind met ‘n spesiale Paasfeesopvoering onder leiding van Stephanie Botes. Die Sondagerediens is afgesluit met ‘n ligte Bybelse versnappering.

Ouers Marius en Sarina en boeties Tristin en Damien Wannenburg bring vir kleine Mia om gedoop te word.

Nuwe lidmate word bekendgestel:- Eddie en Hanneke Strijdom, Truida Smit, Gabriel Jordaan en Rose van Rensburg.

Baie welkom by Hoekwil gemeente!


Nicole du Preez is ons nuwe diaken.