Jy voel jy is op 'n plek in jou lewe waar jy nie antwoorde het nie. Dalk is jy nie op die stadium seker waarvoor jy moet gaan studeer volgende jaar nie. 

As volgende jaar vir jou net een GROOT vraagteken is, dan is ons seker daar is 'n doel agter die feit dat jy by hierdie blad uitgekom het! 

Kan daar 'n beter geleentheid in jou lewe wees as hierdie een? 
Om 'n volle jaar vir die Here te gee en Hom te leer ken as Koning, Vader en Verlosser. Om die Heilige Gees te leer ken en 100% vir Jesus te lewe! Dit sal nie net die jaar van jou lewe wees nie, maar die jaar waarin jy die Ware Lewe ontdek!

'n 'Gapjaar' by NewSong is ‘n unieke geleentheid om volheid te gaan vir ‘n radikale verhouding met Jesus Christus en om ‘n ware volgeling te wees. Buiten waardevolle praktiese ervaring en kennis wat opgedoen word, word ‘n kursus in Lewensvoorbereiding ook aangebied. 

Ons wil jou dus aanmoedig om hieroor te gaan bid en seker te maak wat die Here wil hê jy moet doen. As jy besluit het, gaan registreer vir 2016!
Kliek hier om meer te lees oor 2015 se studente!

Opleiding in die volgende:

  • Oorsig oor Ou en Nuwe Testament
  • Dissippelskap
  • Berading
  • Die Heilige Gees
  • Menslike Hulpbronne
  • Finansies
  • Kerkplanting en Huiskerke
  • Die Vyfvoudige bediening
  • Kruiskultuur sending
  • Kerk en werk - Hoe pas die twee saam?

























             


                                      

Wat doen die Studente tydens hierdie 'gapjaar'?

  • Radikale Christenwees
  • Baie uitreike na verskillende plekke
  • Baie lofprysing en aanbidding
  • Lewensvoorbereiding