Die 2015 NewSong studente is:



Tiffany Bell

Hallo, my naam is Tiffany Bell en ek kom van Kempton Park af daar uit Gauteng!  Ek is 'n 18 jarige meisie wat baie omgee vir ander. Ek is altyd vriendelik met ander en hou daarvan om tussen mense te wees.  Ek is 'n meisie met min woorde maar baie liefde.  Ek weet my toekoms lê in die Here se hande en alles gaan goed uitdraai.Jeremia. 29:11 - 'For I know the plans I have for you, declare the Lord, plans to prosper You and not to harm you, plans to give you hope and a future.' 

I decided to give this year of my life to Jesus, our Savior, so that He can come and take over: Take my wheel and lead the way! I believe with my whole heart that He will come in  my life and change the way I see life itself. I know that He controls the outcome of all good things, all we need to do is trust Him with all our heart, mind and soul.

My expectation for NewSong this year is that God will cleanse me of everything I’ve done, change me from the inside out and make straight paths for my future. I know I am going to experience Him in a way I can’t imagine. God is big and full of love, a love we can’t grasp, a love so deep, a love that is going to change everyone who is part of His great plan. 

"There is no one like our GOD!!!"






Ilze Jansen

Hi almal! My naam is Ilze Jansen en ek is van Bothaville in die Vrystaat. Ek is liefdevol, vriendelik en ek is die Koning se dogter!  My fokus is slegs op Hom en Hom alleen. Hy is my Eerste Liefde.

Jes. 43:1-3 - 'Moenie bang wees nie, Ek het jou by jou naam geroep jy is Myne. Ek is die Here jou God.' 

My verwagting die jaar is deur hierdie vers geinspireer en hierdie jaar wil ek God se grootheid, almag en liefde ervaar en beleef, nie net in my eie lewe nie maar ook in ander se lewe. My gebed is dat ek ook geheel en al my fondament wat ek self probeer onderhou oorgee, sodat God dit kan onderhou. 

"Die jaar wil ek meer en meer van God hê en minder van myself!"






Danielle Cochrane 

Hallo almal! Ek is Danielle Cochrane en ek is van Vierfontein in die Vrystaat. Die Here is my grootste liefde! Ek is 'n ekstrovert en ek hou van amper alles – veral musiek, om te sing is hoe ek die Heilige Gees die beste ervaar en hoe ek my emosies wys. . .Ek is kleurvol en “plain” op dieselfde tyd en ek is Jesus se kind!!

My verwagting vir dié jaar is om baie intiem met die Here te word, om te leer van  alles wat in sy Woord staan en om soveel mense as wat ek kan te help om na die Here te kom en te  doen wat God sê ek moet doen. 

1 John 4:8 - “ He who does not love does not know God, for God is love”

"Om Jesus se liefde uit te leef aan 'n stukkende wêreld daar buite!"






Emon
é Viljoen

Happy new day!  Ek is Emoné Viljoen ek kom van Bothaville af.  Ek is nog jonk in die flees en in die gees.  Ek is “joyful”, liefdevol,  vriendelik en soms 'loud'. 

My doelwit vir die jaar is dat ek 'n 'bombfire' sal veroorsaak – met ek wat die vuurhoutjie is en Heilige Gees die wind!   Ek dink ek is hier om die ysbreker te wees vir die wat bang is om oor die  “chicken line” te stap.  En net om liefde aan mense af te SMEER!!  Ek streef daarna om meer en meer soos my Abba Dad te wees!  

"Om 'n Jesus freak te wees is my leefstyl!!!"







Marietjie Samuel

Ek is Marietjie Sameul en ek kom van Vierfontein in die Vrystaat af.  Ek is 'n baie stil mens maar wanneer dit by my Abba kom gaan ek voluit! 

Ek is iemand wat altyd vir almal wil help en ek dink dit is 'n gawe van die Here af.  Ek is 'n baie liefdevolle persoon en baie vriendelik. Die wete dat ek Jesus se kind is maak my so opgewonde.  Ek het 'n roeping op my lewe en ek kan nie wag om dit uit te voer nie.

Ek sien baie uit na die jaar. Om 'n hele jaar net van die Here te leer en vir Hom te werk is soos 'n baie lang verwagte droom wat uiteindelik waar geword het! Dit is 'n groot geleentheid en 'n jaar wat ek nooit sal vergeet nie.  

"Ek wil alles wat ek is en alles wat ek doen net vir my Abba gee!"







Tjaart Louw (Cordier)

Hallo mense!  My naam is Tjaart en my van Cordier, maar ek hou nie van Cordier nie so, Louw - dis my stiefpa se van.  

Ek hou daarvan om vir mense te vertel van God. Dis vir my die lekkerste ding om te doen. So, die jaar is ek by NewSong om sterker tegroei in die Gees.  Ek is 18 jaar oud en van Kempton Park.  Ek is 'n stil mens.  

Julle! God is eintlik 'n goeie hemelse Pappa en ek weet God het 'n roeping op my lewe. Ek wil mense genees wat siek is, ek wil vir mense bid wat doof is, en dan vertrou dat die persoon wat doof is weer sal kan hoor, dat God die persoon sal genees. God is die Skepper - wees dankbaar dat julle dit weet! Ek is 'n kind van God, ek is Sy seun!!!!

Ek wil hierdie jaar geestelik groei.  Ek wil vir mense bid wat siek is en sien hoe Jesus hulle genees. Ek wil mense gaan vertel van God en ek wil hulle vertel wat God in my lewe kom doen het! 

"Die jaar is dié jaar van my lewe, God is die beste Pappa ooit!"





JC Hammond

My naam is JC Hammond en ek is 16 jaar oud en van Vierfontein af. Ek is die jongste van die NewSong span. Ek hou baie van rugby, draf en bybel lees. 

Ek is outjie wat vinnig leer maar ook vinnig val.  Ek glo aan Jesus Christus!  Hy is my nommer EEN! Ek wil hierdie jaar my geestelike verhouding met God verbeter.  Ek wil nà die NewSong jaar mense op die regte pad lei.  

"Ek vertrou op die Here dat Hy al my swak punte na goeie punte verander."