Let asb op dat hierdie webtuiste die beste funksioneer met Google Chrome of die nuutste weergawe van Internet Explorer!
Welkom!
Ons verwelkom jou by ons amptelike webtuiste! Mag die inhoud van hierdie webtuiste jou opgewonde maak en jou ook toerus met die nodige inligting wat jy benodig om 'n die beste besluit van jou lewe te neem - Om in verhouding met Jesus Christus te leef!
In 2013 het die “Mighty Teens” tienerkampe ontstaan, waar tieners bymekaar gekom het om in ‘n dieper verhouding met Jesus Christus te groei. Die eerste kamp is gehou in samewerking met bothaville.com gemeente in Bothaville. Daarna het die behoefte onstaan vir ‘n “gapjaar”, waartydens jongmense wat hulle lewe vir die Here gegee het, dissippel kan word en ‘n radikale volgeling van Jesus Christus kan word. Die Mighty Teens kampe vorm ook deel van die talle uitreike waarby studente van NewSong betrokke sal raak. So 'n “gapjaar” is dus nie net die ideale geleentheid om mense te bedien met die Woord nie, maar ook om die fondament van jou lewe (Jesus Christus), beter te leer ken en toe te laat dat Hy jou lewe rig en lei! NewSong is dus 'n Discipleship Training School (DTS) waar jy leer om waarlik dissippel te wees!
Gaan 'like' asb ons bladsy!Vir nuus oor daaglikse gebeure, geestelike inspirasie en baie ander opwindende interessanthede, klik asb hier en gaan 'like' ons FB blad, sodat jy gereelde opdaterings van die blad kan ontvang. |