Getuienisse


Op 'n daaglikse basis verander God mense se lewens. Ons hoor graag JOU verhaal! Epos dit na pastor@agape.za.org


BAIE DANKIE!

Ek kan nie vir julle genoeg bedank vir die geestelike verryking wat ons uit jul preke kry nie.

Ek sê Sondag vir my man, ek wens ek kan almal wat ek ken, kry om die preke te hoor want dit voel soos ‘mors’ as julle so goed voorberei en slegs paar honderd mense hoor dit!

Maar nou ja, dis steeds saad in die grond en al hoor slegs een oor dit, was dit sekerlik die moeite werd! Baie dankie.

Lindie S



EK STAP WEER

Gedurende ons vakansie in Julie 2010 het ek daar in Amanzimtoti na 10 jaar lus gekry om weer aan meesters atletiek deel te neem.  Die items waaraan ek vantevore deelgeneem het was spoedstap, en ek het sommer daar op die strand weer begin “stap”.  Tuis het ek ernstig begin oefen en by ‘n plaaslike klub aangesluit.  Die eerste provinsiale byeenkoms waaraan ek deelgeneem het was gedurende Oktober op Pilditch waar ek in die 5000m ‘n silwer medalje gekry het.  Die 2e item, 1500m, was te vinnig vir my en ek het met ‘n yslike spierkramp met die tartanbaan kennis gemaak!  Sedertien het ek aan nog 5 provinsiale kampioenskappe deelgeneem en altesaam 5 goue en 4 silwer medaljes gewen.   My grootste dank aan ons Hemelse Vader wat my op 71jarige ouderdom nog seën met die krag en gesondheid om te kan deelneem en dan aan Susan wat sonder kla ure lank by die atletiekbane deurbring dat ek kan oefen en deelneem.

Arie B


DIE GROOT OPDRAG IN MY HART

Die lekker van student was dat mens baie vakansies het om die Evangelie te verkondig.  Ek het maar eers met uitreike binne die land begin soos stranddiens, Winkelspruit VCSV kampe en dan deur die jaar Studente Jool Gemeenskapsdiens. Van daar af het ek ‘n dvd van kinders se geloof in Indië gekyk en geweet die Here roep my om te gaan.

My eerste keer in Indië  was nie baie rooskleurig nie.  Om te begin ons was 3 meisies in ‘n tuk-tuk karretjie die eerste aand en die bestuurder kon ons nie verstaan nie.  Ons het verdwaal in die vreesaanjaende strate van Delhi.  Reeds hier het ons geleer het dat ons hulp net van die Here af kom!  Daar het baie dinge om ons daardie aand gebeur (te veel om te  vertel), maar met Jesus in ons het Hy ons bewaar en ons groep se leier het ons gevind.

Die kinders is besonders en kruip onmiddelik in ‘n mens se hart.  Hulle het geloof en het al ‘n pad van vervolging gestap.  Kinders vanaf die ouderdom van 5jaar wat vreesloos opstaan vir Jesus en weier om voor ander gode in so ‘n donker land te buig het my nog elke keer gekonfronteer met ons laksheid in Suid-Afrika.  Ons het vryheid om enige plek Jesus se naam te verheerlik, om saam ander te bid en in families groot te word wat ons van Hom leer tog is ons skaam!  Ek moes daadwerklik ‘n verandering maak in my eie lewe en onbeskaamd Hom begin volg.  Hierdie kindertjies kry van niemand af liefde nie en tog gee hulle onvoorwaardelike liefde!!  Hulle het liefde en God se hart gesnap.

Om verlede Desember terug te kon gaan was alreeds ‘n wonderwerk.  My koste van R12 500 was vinnig geborg – God is die ware voorsiener.  Toe die kinders wat die vorige jaar in my kamer was my sien het hulle uitgeroep:  “Anneke aunty!  Anneke aunty!” en soos meerkatte wat uit hulle gate uitkruip het hulle na my toe gehardloop en my oorval met drukkies.  Dit was so ‘n vreugdevolle oomblik!  Ek het nog nooit in my hele lewe soveel blydskap op ‘n gesiggie gesien nie.  Vir hulle was dit ‘n beantwoorde gebed, want hulle het my vertel dat hulle elke dag gebid het dat ek moet terugkom.

Jesus se laaste opdrag was dat ons moet uitgaan en dissipels van alle nasies maak!  Dit is die roeping op ons lewens en ek ag myself bevoorreg om die Waarheid te kan deel.  Julie vakansie gaan ek, Mona Greeff en Madelyn Olwagen op ‘n uitreik na sentraal Afrika.  Agapé, hou ons in julle gebede asseblief! 

Anneke vV



 EK HET 'n GESIN GEVIND


Om deel te wees van die Agapé gesin is n journey soos min, ek het verlede jaar tydens Chip Ingram se Love, Sex and Lasting Relationships kursus aagesluit by Agapé as besoeker, maar is van toe af reeds tuis en deel van die meubels.... dit was n great kursus, en ek het baie daaruit geleer, min het ek geweet dit sal die begin wees van 'n lasting relationship met Agape!!! 

Dis vir my n blessing om deel te wees van 'n gemeente, wat jou van die parkeer-terein tot in die kerkbanke laat tuis voel!!! Woorde kan nie beskryf hoeveel naaste liefde ek al hier beleef het nie, niks is te veel moeite nie Diy maak nie saak wat nie... 

Kom ek verduidelik so bietjie, ek is serebraal gestremd agv 'n brein besering by geboorte, dit is n toestand wat gekenmerk word deur spiere en senuwees wat nie werk soos dit moet nie, afhangende van watter deel van die brein seergekry het. Dokters het vir my ma gesê ek sal dood gaan, want ek was te vroeg gebore en het slegs 1kg geweeg, hulle het ook gesê ek sou nooit loop nie..... Dis 'n verligting dat niks onmoontlik is met God nie, ek is so bly dokters mag vekeerd wees!!! 

Liewers laat as nooit, maar op 27, is ek besig om te leer loop...maar op hierdie staduim maak ek nog gebruik van my rolstoel om rond te beweeg, soos julle kan dink is dit nogal moelik en ek dink soms veeleisend vir my vriende om te cope met die rolstoel --  maar niks is ooit te veel moete nie, of dit nou is om my by trappe op te help by die kerk, of by die @office gebou by Kenny Gees vir LAMININ op 'n Woensdag aand. 

Die onlangse kuierkaskenades by Fields was net so 'n droom wat waar geword het, want te danke aan baie hulp en waagmoed van my Agapé Familie, kon ek waterwurm ry dat die skuimbolle trek!!! Dit was vet pret... 

Die CANSA Relay for Life wat die 12de en 13de Maart plaasgevind het, was 'n asemrowende belewenis. Dit was 'n dag in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie!!!  Dit was 'n blessing om deel te wees daarvan.. Toe ek hoor LAMIIN het 'n span vir die Relay ingeskryf, wou ek graag deel wees daarvan en wou ek ook iets doen om te help... want almal se lewens word geraak deur kanker. Ek het dus belowe ek sal een keer om die baan loop met my "walker". Daar is mense wat elke dag dapper genoeg is om met waagmoed en uithouvermoë die stryd teen kanker aanpak, dan kan ek mos as deel van ons span dieselfde doen, om CANSA te ondersteun, met my walker! 

Dit was onvergeetlik van begin tot einde. Almal het saam my gebid en in my geglo en almal het my so mooi bemoedig en ondersteun. Daar was die heeltyd net hierdie gevoel dat God besig was om te werk en die gemeente het my de heeltyd “gedra” met bemoediging en gebed. ”Ons is meer as oorwinaars in Christus”, het na Vrydag vir my nuwe betekenis gekry. Die drie ure om die baan was die mooiste 3 ure van my lewe... ek het opnuut besef hoe groot God se genade, liefde en omgee vir ons werklik is.. 

Die liedjie "Ämazing Grace" sê Sy genade is onbeskryflik groot, maar dit geld vir sy liefde en omgee ook!!! Dit het ek Vrydag ervaar.... 

Dankie vir elke be
moedigende woordjie en gebed, asook elke sluk water en tree wat jul saam my gegee het. Ek sal nooit werklik kan sê hoeveel dit vir my beteken het nie, want daar sal 
nooit genoeg woorde wees nie!! Dankie ook vir al die nerf-af kniee van die Agapé Familie wat om d
ie baan GEKRUIP het!! Ek wil nie eers dink hoe seer moet dit wees nie... Dit was sekerlik die mooiste maar seerste gebaar ooit!!! Dankie. 

Agapé is vir my n plek vir my waar Jesus se liefde sigbaar en tasbaar is in als wat ons doen. Christen-wees is 'n werkwoord in die gemeente -- geloof met dade is vir my hier sigbaar. Dit 
is vir my 'n besondere voorreg om deel te wees van so 'n wonderlike gemeente wat die Groot Gebod met soveel oorgawe en 

passie uitleef tot eer van God, en nie skroom om Jesus se hande en voete op aarde te wees nie! Dis so lekker om deel te wees van die gesin, dis 'n blessing! 

Nogmaals dankie vir almal se liefde, omgee en geduld, dit word opreg waardeer. Dankie Jesus vir my Agape gesin!

BRENDA KLOPPER



 DANKIE VIR DIE MANNE-KAMP 

Vir my was die kamp baie vervullend, verrykend, leersaam en dink ek dit het goed afgeloop en by die manne byval gevind. 

Ek het persoonlik Saterdagaand ‘n besluit geneem om myself en my vleeslike natuur te kruisig en het Sondagoggend dan reeds die eerste treë gegee toe ek my bekommernisse by die kruis gaan vasspyker het. Die sorge van die lewe en die begeertes na allerhande ander dinge is by die kruis. Hierdie soldaat het gefokus en gedissiplineerd aangetree in God se weermag en het net een doel voor oë: OM DIE BEVELVOERDER TE BEHAAG EN SY INSTRUKSIES UIT TE VOER!! My grenslyne is weer styf gespan en die hekke toegemaak – dit is vorentoe marsjeer saam met Christus. Saterdagoggend tydens die persoonlike stiltetyd het die Here met my gedeel uit verse 1 en 2 van 2 Tim 2 en my spesifiek daarop gewys dat ek Sy seun is, dat ek moet ophou om in eie krag te probeer optree en my krag in Christus moet vind, en dat ek veral my gesin met meer erns moet toerus. 

Prys die Here vir hierdie naweek in my lewe, vir dit wat Hy vir my gedoen het, maar ook vir dit wat Hy vir die ander manne gedoen het. 

Ek verwag van my “accountability partner” om my op ‘n gereelde basis te konfronteer met my dade en gedagtes en sal dit ook met hom doen. Ek het opnuut die waarde van broederskap ervaar en sien uit na ‘n broeder-verhouding wat tussen ons gaan ontstaan. 

Ek is trots om deel van so ‘n groep Agapé manne te wees! 

DANIE


 MIS DIE AGAPÉ FAMILIE! 

Ai dis so lekker in PE, maar ons kan nie verby die mis kom nie..... ons mis julle vreeslik baie. Agape gemeente sal NOOIT besef wat hulle vir ons beteken het en gedoen het nie. Dis nie 'n gemeente nie maar 'n familie ! ! ! ! Ek was nog nooit in 'n kerk waar ek die Here se teenwoordigheid soooo ervaar het nie. Dankie vir alles wat julle vir ons beteken het.... God het soveel van julle gebruik in ons lewe, sonder dat julle dit werklik sal besef... Julle is awesome... xxx



 PUIK PREEKREEKS! 

Baie dankie vir julle reeks oor Toetse en Trappe. 'n Toets is partykeer daar net vir 'n splitdeel van 'n sekonde en ander tye kan dit 'n baie lang toets wees. Die reeks het my die insig gegee dat waar dit my in die verlede teen die grond sou gooi, my nou van die grond sal oplig met die wete dat God se Genade is Groot en 'n rustige vrede daal oor my neer want God is in beheer en ek kan net in volle vertroue glo in Hom. Toetse kom wanneer ons dink dit gaan nou weer goed en ook partykeer waar dit die seerste maak, dan is 'n reeks soos hierdie van onskatbare waarde. Dankie vir julle voorbeeld en leiding.

GERT


 AREND KURSUS HELP 

Ek het in hierdie afgelope kursus SO ontsaglik baie geleer! Ek het God leerken in ‘n heeltemal ander manier. Ek weet nou dat ek regtig vir God saak maak, en dat ek God werklik kan vertrou. Hierdie kursus het ook my verhouding met my aardse vader herstel. Ek besef nou dat vergifnis genees… heelmaak… en vrymaak! 

Ek het ook besef dat ek daagliks aan MYSELF moet sterf, as ek waarlik ‘n volgeling van Jesus wil wees. Ek het in werklikheid soveel vrede met myself gemaak gedurende hierdie kursus! 

EURICA, oor AREND FASE 2



GOEDHEID en GUNS

Ek deel graag my getuienis met jul en vra dat jy dit groot asseblief aanstuur na almal wat vir my gebid het, veral Oom Chris en die intersessors asook ons ongelooflike gemeente!

"Thou has enlarged me when I was in distress" (Ps. 4:1)

When God wants to make you a bigger person, He does it through "distress".

The way to build bigger, stronger muscle - is to lift more weight. Now when a muscle is put under stress, you groan, but if you persist, that muscle grows stronger and what you were groaning about last week you are smiling about this week.

Who said the Christian life was supposed to be easy? Not God! His Word compares it to a battlefield not a bed of roses... endure hardness, as a good soldier.. (2Tim 2:3). Satan's number one target is your faith!!

Jesus said to Peter "... satan has asked for you, that he may sift you as wheat. But I have prayed for you, that your faith should not fail. (Luke 22: 31-32). In the same way you separate wheat from chaff satan wants to separate you from your faith.

Not only did Peter survive this attack, he grew through it and wrote. "Beloved, do not think it strange concerning the fiery trial which is to try you, as though some strange thing happened to you" ( 1 Peter 4:12)

Because we tend to be shocked when trials come our way, Peter deals with our attitude toward attack. He wants us to know how to think when we're under attack, to understand the appropriateness of the battle we are in.

Satan may attack your health but he's after your faith. He may attack your finances but he's after your faith. If he can destroy your confidence in God and His word, he wins and you lose.

Vanaf September, 2011, het die duiwel my geloof probeer steel deur my gesondheid aan te val. Januarie, 2012, het ek die Here se goedheid en guns ervaar wat my opnuut laat besef het hoe groot ons lewende God is!

Ek het nie vir een oomblik getwyfel in die dokter se vermoë nie, maar met die moontlikheid van infeksie en komplikasies, is dit slegs God wat kan intree om ‘n negatief, ‘n positief te maak.

Geloof en geestelike groei was die vrugte wat ek kon pluk na die moeilike tydperk.

Ek is ons hemelse Vader en die Agape Gemeente ewig dankbaar vir hul goedheid!

Die jaar is ‘n jaar waarin ek God se genade, goedheid en liefde aan ‘n hopelose wêreld gaan verkondig.

Dankie Here vir U goedheid en guns!"

CLYDE B




NEVER THE SAME AGAIN!

My life will never be the same.......

My life changing moment came the day I gave my life to God (3rd May 2010) This is a day that will forever be a VERY special day to me. This is the day I became a 'new person'.......I became 'a child of God' I am greatful to God for introducing me to Agape Gemeente. It is through this church, its leaders and its members that I came to know our Heavenly Father, and that I now have a special relationship with Him.

 Thanx to Agape, I have learnt lessons such as:

  • I've learnt what Christianity means,
  • I've learnt patience, because things will happen in God's time and not in my time, 
  • I've learnt to love people with Godly love, 
  • I've learnt what my God given talents are and am using them in service of God,
  • I've learnt that Holiness means to set yourself apart solely for God's purpose,
  • I've learnt how to deal with challenges that I will have to face as a christian.
  • This church and it's members have taught me to keep my faith in God, to trust in Him, and to spend precious time with Him.
  • I've learnt that my purpose on earth is to serve God by being His instrument, and to dedicate my life to doing His will.
  • I've also learnt through experience that God blesses us through His miracles if we serve Him, trust in Him, persevere in prayer with Him and belive in Him.

On the 21st of July this year, my husband and I were blessed with a precious "miracle baby" which I truly believe we would not have in our lives today if it were not for our Living God. I give all the Honour, Glory and Praise to my Heavenly Father for this gift of our baby girl, and for all that He does for my family.

I believe that God has many more miracles lined up for us, and I look forward to the rest of my life serving Him.

Theresa R


NIE MEER ALKOHOLIS

Vandat ek kan onthou het my moeder gedrink.  Drank het my beroof van ‘n moeder en moederliefde.  Sy was nooit regtig daar vir my.  My vader is 2 jaar gelede oorlede en sedert sy afsterwe het haar drankprobleem toegeneem.  My suster is vroeg in die oggendure gebel om ons moeder uit hulle huise te gaan haal in ‘n erg besope toestand.  Sy het dae aanmekaar gedrink, glad nie geëet, gebad, hare gekam nie, nie hus skoon gemaak nie.  In haar besope toestand het sy haar herhaaldelik natgemaak en so met die klere geloop en geslaap.  Soms het sy ons nie herken nie.  Sy het deurmekaar geraak met ‘n jonger man wat haar blootgestel het aan dagga en saam met die drank het haar toestand vererger.  Sy het die man bo ons verkies en ons soms weggejaag of ons gedreig sy gaan wegloop saam met die man en ons kinders was raadop en moedeloos.  

Ek kan nie vandag genoeg dankie sê vir God wat Ds Dawie  en Oom Arrie op ons pad geplaas het nie.  Sedert my vader se afsterwe het hulle saam met ons vir my moeder in beged begin tree. 

Vandag kan ek getuig ons gebede is verhoor! My moeder is al sober vir 7 maande!  Sy is die mees liefdevolste omgee mensie en ‘n ouma vir haar kleinkinders.  Sy is netjies op haarself en haar huisie en dit is ‘n fees om by haar te kuier.  

Alle eer aan ons Hemelse Vader – niks is onmoontlik vir Hom nie!


I KILLED SOMEONE...


OORWIN MISLUKKINGS!

Daar is niks belangriker as om elke dag naby aan God te leef en Sy wil vir jou lewe te soek nie. Die lewe is ‘n warboel van gebeure en keuses, vreugde en trane, en dikwels tussen dit alles vergeet mens om stil te staan en God te vra: “waarheen nou?”  Nie waar-heen wil EK nie maar waarheen wil U hê moet ek?

Daar is soveel lesse wat God oor my pad gebring het die laaste 3 jaar dat ek nie eintlik weet waar om te begin nie.  Ons is almal gebroke mense… ons maak foute.  En ek het al in my lewe meer as my “fair share” foute en dom besluite gemaak....  God nie gesoek wanneer ek moes nie... Hom nie rigting gevra wanneer ek moes nie.... SY wil moes gesoek het, in plaas van my eie.  Wat het ek daaruit geleer?  Dat God ons foute kan vat en dit kan omvou in Sy liefde en vergifnis en genade en dit in iets kan verander wat jou karakter en jou verhouding met Hom kan bou in so ‘n amazing manier dat dit kosbaarder word as goud.  Om God se kinders te wees vrywaar ons nie van die lewe nie – in teendeel, daar is ‘n groot “bulls-eye” op jou voorkop wat jou merk as “teiken” vir die bose se pogings tot verwoesting. 

Is jy gewapen teen dit?  Ek was nie.  Die bose het sy pyl in die centre van my “bulls eye” getref en my lewe verwoes in 2009.  Plat…. verpletter   ….gone.  MAAR… God is ALTYD daar om te genees, te herstel, op te bou – te vernuwe in ‘n manier wat jou vorige “lewe” ver oortref! 

Slegte goed kan ons nie altyd vermy nie en dom besluite maak ons soms te vinnig…MAAR, let wel, MAAR!!...God is in beheer van alles, ek glo dit met my hele hart.  God het my verpletterde lewe vol shame en regret en seer en woede kom vat…Hy het my hand gevat en nooit gelos nie.  In die laaste 3 jaar het God my klip-harde stukkende hart kom vat en verander in ‘n hart sag genoeg om Sy stem te kan hoor.  Hy het ‘n “empty” lewe gevat en dit veran-der in ‘n kosbare lewe vol liefde, familie, vriende, ervarings en juweel-oomblikke wat ek elke dag voor dankbaar is! 

Hy HET, soos die Woord sê, my gehuil verander in ‘n gelag…my trane in vreugde.  Is ek nou DAAR waar ek ontasbaar is?  NEE!  Die teiken is steeds op my voorkop MAAR ek het my Skild van Geloof , my Swaard vd Woord en my Helm van Verlossing aan!  Nou is ek ‘n FIGHTER met die beste wapens in my hand!                             

Madelyn O              


HELPING HANDS FOR AFRICA

Dit was 'n ongelooflike besoek deur Helping Hands For Africa. Ons skool, Bosabosele se Maandag oggend was beslis nie blou nie. Dit was ingekleur met n’glimlag, liefde en God se genade!!

Helping Hand For Africa donated blankets and clothes to our school on Monday morning which is desperately needed now that winter is creeping in.

The SGB, staff members and learners of Bosabosele can only say Thank You!! Thank you for open hearts and hands.

Helping Hands For Africa is in bedizening in die Agape gemeete in Rustenburg. Onderleiding van Madelein Olewagen en haar span.

Bosabosele Primary School in Tlhabane says: "BAIE DANKIE, THANK YOU &  KE A LEBOGA".



DANIËL VAS

Ek wil sommer net getuig hoe wonderlik die vas vir my was. Ek is so bly ek het deelgeneem. Dinsdagmiddag het Johnny 4:30 seergekry by die werk. Toe ek 4uur by die huis kom (gewoonlik is ek later) het ek net hierdie dringendheid gehad om vir my gesin in te tree. En toe kom ons agter die tyd wat ek gebid het;  het hy seergekry. Wie weet dit kon dalk erger gewees het.  

Maar behalwe vir dit, was werklik net weer vir my ‘n openbaring dat die vlees oorwin moet word. God is besig met iets nuut, en net Sy skoongewaste kinders wat in wit klere voor Hom staan en die ou mens afle, kan Hy gebruik in hierdie nuwe pad. En ek wil dit nie mis nie. Verlede naweek se Hadassah konferensie wat Agapé saam met NG Suid aangebied het, so saam met die vas was ook great, dalk moet ons weer aan so iets dink volgende jaar? Vir die manne ook!

Dis wonderlik om deel te wees van die gemeente, alleen sou dit soveel moeiliker gewees het. Maar om te weet daar is boeties en sussies saam my was great.

Leané W



NUWE LEWE!

Dit is vir my onbeskryflik hoe Jesus my en my gesin se lewe aangeraak het deur die leiding en tonne liefde van die Agape familie. Dit is moeilik om in woorde te beskryf wat die selgroep in besonder vir my en Gert beteken en sonder die voorbeeld en die leiding van die leiers in die gemeente sou dit nie moontlik gewees het nie.

Lynette V



DANIËL VAS

Die vas het my opnuut laat besef ons is niks nie, nie eens ‘n asem in vergeleke die grootheid van ons Vader nie.

Alles wat kon verkeerd en versoek, het ons ou gesin getref en deur die genade is ons deur die helfte daarvan en glo ons die res sal vertrek soos die Vader se wil sal wees.

Dit gaan egter nie oor die vas of oor die versoekings en beproewinge nie, nog minder oor wat verkeerd geloop het – Dit gaan net oor ons Vader en Hy wil net kyk of ons die kennis wat ons oor die jare tov Sy Woord en Sy bestaan, in praktyk kan omskakel en deur dit alles vir Hom aan die stuur van sake kan plaas.

Vader het vir my die boodskap “Handing 2011 over to Me” gegee en dit is reeds ‘n paar maal deur ander gelowiges bevestig. Die rede is – ons gaan dit nie self kan handteer nie, dit gaan te swaar word. Ons gaan 2011 nie self kan bestuur nie, maar kan wel die keuse neem om dit vir Hom oor te gee. Die wat nie die keuse gaan maak nie, gaan self baie swaar dra aan die jaar en al sy dinge en gaan dit moontlik nie baasraak en anderkant uitkom nie.

Met vanoggend se manne-gebed by die huis saam met die manne, het ek gehoor dat vader wil hê ons moet Sy skepping aanskou en dit opnuut weer beleef, want dit is in en deur Sy skepping dat Hy gaan terugkom na die aarde. Ons is altyd so gereed met en vir alles in die vlees, goed en minder goed, opgewonde en minder opgewonde, maar wanneer dit kom by Vader en Sy dinge, dan raak ons saggies en raak ons onsigbaar, stil en teruggetrokke. Basta daarmee man, Vader soek dat ons “boldness” in totalitiet moet opruk en Sy verhaal begin vertel en soveel dat alles wat leef en bestaan ons moet hoor. Ons moet groot en bold wees vir Vader se dinge, meer as vir die dinge van die wêreld!

Is ons gereed? Daardie vraag laat my yskoud, want as ek om my kyk dan lyk dit of baie kinders van die Vader, baie onsedelike waardes reeds aangeneem het asof reg en aanvaarbaar. Ons maak nie meer ‘n geluid oor dit nie en leiers in die samelewing lei soos ‘n blindes en word gevolg deur baie ander blindes. Die gat wag vir hulle tensy ek en jy en baie ander ons “boldness” opskerp en teen die sonde praat, teen die sogenaamde aanvaarbare verkeerde norms optree en nie stilbly daaroor nie.

Flip N


 MEDIAVAS 

Hierdie was die eerste keer wat ons gesin aan mediavas deelgeneem het, en wat n verrassing! Ek moet bieg....ek't gedink dit gaan vreeslik moeilik wees sonder Idols ens, maar toe nie! Ons TV was die eerste week ingestel op Kruiskyk en ek kon nie glo hoe interressant en opvoedkundig dit was nie. Ons moes intussen ons skottel betaal, maar toe besluit ons daarteen, want wie het tog nou regtig al daai nonsens nodig?? So ja, ons is sommer nou heeltemal sonder TV!!

My eintlike getuienis gaan oor my 10jarige seun, Trevor. Teen ongeveer die 5de dag van vas, kry ek hom toe nou baie jammer en sê toe hy mag maar iets op Disneykanaal kyk. Toe ek later daar verby kom, sit hy en Kruiskyk kyk! Hy sê hy het voor die tyd gebid en vir Jesus gevra dat Hy moet wys as dit nie reg is nie, en toe hy probeer om die TV oor te skakel na Disneykanaal, wou dit nie oorskakel nie, so toe weet hy Jesus verkies Kruiskyk!

Dit was n baie verrykende 2 weke en ons sal dit beslis weer doen!

Linda H



 AREND 1 

Ek wil net baie dankie sê vir Arend 1. Dit het baie antwoorde op vrae in my lewe gegee, en my wêreld aansienlik vergroot. Ek is hartseer dat dit moes eindig, maar weet verseker dat ek ook Arend 2, 3, 4, -- die hele lot deurloop! Ek voel elke mens het nodig om Arend te doen - dit gee mens net soveel kennis om op voort te bou. Dit het verseker MY lewe verander!

Baie dankie daarvoor! 

Agapé het my lewe soveel balans gegee, en my teruggelei na die Here - iets wat ek nie self kon doen nie. JULLE ALMAL IS AMAZING! 

YVETTE



 NOG 'n PAASKAMP-STORIE 


Tanya-hulle het my al baie vertel van hoe dit by die Paaskampe is, wat daar gebeur en so aan. Dinge het hierdie jaar so uitgewerk dat ek en die meisiekinders kon gaan en ek is met groot verwagtinge na my eerste Paaskamp........ en al my verwagtinge is oortref.

Dit was wel my eerste groot kerkkamp, so ek kan dit nie met ander vergelyk nie. Maar dit wat ek daaruit gekry het, was awesome.  Die preke was vrek mooi en treffend en het Jesus se kruisiging vir my beskryf soos nog nooit tevore. Tydens die kruis-loop het ek op drie plekke van drie dinge in my lewe afstand gedoen. Die wete dat ek dit nie langer hoef te dra nie, nie langer alleen daarmee hoef te sukkel nie, het dit laat voel asof daar 'n berg van my skouers afval.

Die sang was...wow!!  Soos ons die Goliat-liedjie sing, het ek besef ek het 'n paar Goliats wat vir my wag as ek terugkom by veral die werk. En ek het op 'n stadium nogal erg depressed gevoel omdat ek moet weggaan van hierdie kamp, hierdie omgewing waar almal een doel het: om die Here te loof en te prys. Jy is een, groot familie. Ek moet teruggaan na werksomstandighede waar ek die enigste gelowige is tussen 7 kru mans waar vuiltaal algemeen is. En dis iets wat ek sal moet face en aanspreek, anders gaan ek Jesus verloën. Ek sal gedurig aan die liedjie dink : Goliat, jy's niks!!  en sal maar kort-kort vir myself sing om moed te kry!  :-)

 

Sondag se doop was natuurlik vir my die hoogtepunt. Na die afgelope paar maande se awesome verhouding wat ek met my Vader opgebou het en wat Hy al alles in my lewe vir my gedoen het, het ek rerig uitgesien na die hierdie doop as teken vir my en waar ek voor ander gelowiges kan getuig : ek glo werklik in Hom as my Vader en Verlosser, ek wil groei en meer van Hom leer, ek word skoongewas van my ou lewe, ek is nou 'n nuwe mens, 'n kind van God.

Die twee meisiekinders het die kinderkerk net so geniet. Hulle kon nie wag vir die dienste nie en was baie teleurgesteld toe daar nie Sondagaand een was nie. Dit was lekker om op die kampterrein te loop en jy hoor die kindertjies 'Jesus-liedjies' sing, of dit nou vals is en of die woorde nie so lekker uitkom nie, hulle gee nie om nie. En hoe hulle mekaar reghelp met God se verskillende name en betekenisse wat hulle geleer het.

Dankie vir Ds en die span se harde werk en toewyding. Mag die Here julle ryklik seën vir al die effort wat julle insit tot eer en verheerliking van Sy naam.

Hartlike groete!!

CORNEL




 LEKKER KAMP 

Dit was regtig 'n baie lekker naweek vir ons gewees. Ons het so baie geleer die naweek met al die dienste wat ons gehad het.

Die "kruisloop" het ons baie diep geraak - alles wat ons gesien het en wat ons nie voorheen eers bewus was van nie. Dit het my laat dink oor alles.

 

Om te kon sien en beleef hoe al die jong mense met mekaar gekuier het en fun gehad het met al die games ens... Dit het vir ons lekker gevoel om weer soos klein kinders te voel en die HERE te kan dien! Ons het soveel om voor dankbaar te wees want daar is baie mense wat nie eers die HERE ken nie en nie weet wat hy alles vir ons doen nie.

Ons het dit baie geniet en kan nie wag vir 2011 se Paaskamp nie!


MAGGIE





 PAASKAMP - 'n BELEWENIS 

Sjoe, waar begin mens..... Die paaskamp was vir my werklik `n openbaring.

Die "Praise & Worship" was so lekker, ek het dit vreeslik geniet! Daardie liedjie van Goliat het sowaar in my kop vasgesteek, en nog elke dag, as ek net dink daaraan om vies te word of my te ontstel oor iets, dan sing ek net "Goliat, jy`s NIKS!"

Die hoogtepunt van die naweek - vir my in elk geval - was die kruisloop. Ek het nog altyd geweet Jesus het vir ons gesterf, en dat hy gegesel is, maar ek dink nie ek het ooit regtig BESEF waardeur Hy moes gaan nie! Ek dink dit het ingesink toe ons daar by André by stasie 9 was, en hy vir ons die "sweep" wat hy gemaak het, gewys het. Ek het net skielik besef dat, elke keer wat ek iets verkeerd doen, ek weer van voor af vir Jesus slaan! En Hy VOEL dit, want Hy is nie dood nie, Hy LEWE! 

En toe ek op daardie kruis moes gaan lê...........daardie 3 houe het gevoel of dit DEUR my gaan, en ek het skuldig, hartseer, bly, dankbaar, alles in een gevoel. Ek kan eerlik sê dat ek, daar waar ons by die kruis in afsondering gaan sit het, vir die eerste keer in my lewe WERKLIK elke sonde wat ek al gedoen het, aan Hom bely het en vergifnis daarvoor gevra het. En dit was WONDERLIK, ek het lig gevoel toe ek daar wegstap.

My man het nog altyd elke oggend sy stiltetyd met God gehou. Ek is so dankbaar om te kan sê dat ek dit nou elke dag saam met hom doen, en dat dit wonderlik is hoe dit my dra deur die dag.

Baie dankie aan Dominee en elke persoon wat die paaskamp vir ons so wonderlik gemaak het.


LINDA

Comments