Venters van SA

Die Venters van Suid-Afrika 
Hierdie blad word opgedra aan al die Venters met wortels in Suid-Afrika. Met net een Venter, Hendrik Venter, wat na Suid-Afrika toe gekom het, is al die Venters familie. Teen hierdie tyd al 'n lywige spul en baie wyd verspreid.

Nuwe toevoegings

  • Venter foto's Die fotogallery is terug, met sommer 'n paar nuwe foto's by. Gaan loer regs onder op die tuisblad. Die vorm van die Venters se oë blyk 'n sterk ...
    Posted Jan 9, 2012 1:19 PM by Christiaan Venter
  • Vleeschbank gevind? Die Venters se stamvader Hendrik is oorlede in 1713. Hy het tot met sy dood saam met sy vrou Anna op die plaas Vlijsbank (Vleeschbank/Vleesbank/Vleisbank) geboer. Wanneer presies ...
    Posted Jan 30, 2012 10:31 PM by Christiaan Venter
  • Pieter Venter - 2de stamvader Pieter word nou algemeen aanvaar as die 5de kind van stamvader Hendrik Venter, en dus 4de kind van Hendrik saam met sy tweede vrou Anna (Sabina) Viljoen. Pieter was gedoop ...
    Posted Jan 6, 2012 12:38 PM by Christiaan Venter
  • Lang Andries Venter - Die Boerereus Andries was voorwaar 'n groot en lang Venter. Sy lengte word wisselend aangegee as tussen 2.08m en 2.2m. Hy was van Suid-Afrika en het gedien as lyfwag ...
    Posted Jan 6, 2012 12:32 PM by Christiaan Venter
  • Venter Groeperinge Onder die Venters het daar deur die jare verskillende 'tipes' ontstaan. Redelik bekend is die Riem-Venters, dis nou die lang, skrales en dan is daar die Kalbas-Venters, wat ...
    Posted Jan 6, 2012 12:26 PM by Christiaan Venter
Showing posts 1 - 5 of 5. View more »

Betekenis van Venter

Wat betref die oorsprong van die van Venter is daar lyk my nie absolute duidelikheid nie.
  • Een verklaring is dat venter "kryger te voet" beteken. Op 'n stadium in die geskiedenis het verskeie vanne hul oorsprong vanaf oorlogsterme verkry. Neem bv. Ruiters(perderuiter). Hierdie tipe oorsprong van venter lei dan ook tot die oorsprong van die woord infanteris, wat voetsoldaat beteken.
  • Venter kan ook smous of straatverkoper beteken, soos die Engelse 'vendor' of 'vender'.
  • Daar is 'n stad in Nederland genaamd Deventer wat ook dalk verband kan hou met die oorsprong van die van.
  • In Suid-Afrika begin dit ook algemeen raak om na 'n sleepwaentjie te verwys as 'n venter soos om die woord cutex te gebruik vir naellak terwyl dit eintlik net 'n sekere maak van naellak of dan nou sleepwaentjies is.
  • 'n Venter kan ook iemand wees wat besig is om sy opinie te gee of 'n spreker. Dit kom van die Engelse 'vent' - om uit te laat.
  • In Dierkunde beteken venter rofweg die maaggedeelte van 'n dier of organisme.
  • In Regswetenskap word venter gebruik om na 'n ongebore kind te verwys. Die kind is 'in venter'.

Vanne dalk verwant aan Venter

  • Deventer
  • Van Deventer
  • Ventre
  • Venters
  • Ventura
  • Fenter
  • Fender
  • Fanter
  • Ventir
  • Bonaventura





Vleesbank in 1933
Werf van Vleesbank in 1933   -   Hierdie foto kom uit Douw Gerbrand Venter se boek Die Venter-familie. Hy gee die ligging aan as naby Hermonstasie op die oewer van die Bergrivier. Volgens die oorspronklike titelakte of grondbrief is die plaas op 25 Augustus 1704 aan Hendrik Venter oorgedra.


Venters in ander lande

  • Daar is 'n goeie klomp Venters in Duitsland, maar ook in baie van die ander Europese lande soos Frankryk.
  • Amerika en Engeland het ook heelwat Venters.
  • Argentinië het Venters wat van Suid-Afrika af soontoe getrek het vroeg in die vorige eeu.
  • Deesdae het so baie gesinne, insluitende Venter-gesinne, 'n seun in Australië, 'n dogter in Saudi-Arabië en nog 'n ander seun in Engeland of Kanada of, of,... So die Venters van Suid-Afrika versprei al hoe verder.

Venter Fotogallery

Kyk bietjie hoe sterk is die gene vir die Venters se oë