KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.

Predikante en kerkraad

Ontmoet die predikante:
Ds Wouter de Vos is in Maart 1997 bevestig as deeltydse leraar.
Vandag staan hy voltyds in die bediening. Hy is egter ook `n professionele fotograaf wat hy met toestemming van die kerkraad op `n deeltydse basis beoefen. Die voordeel hieraan verbonde is dat die gemeente meeste van die tyd `n gratis profesionele fotograaf tot hulle beskiking het.
Ds. Wouter is in Pretoria gebore en het as gemeenteseun grootgeword en skoolgegaan in Moutain View. Sy vrou is Juckie en hulle het twee kinders. `n seun Raymond en `n dogter Anize.
Ds. Wouter bedien alle kerkraadswyke wat oos van Charl Cilliersstaat geleë is.

Ds. Naude Kritzinger is in Mei 2000 bevestig as pastorale hulp. Vandag staan hy voltyds in die bediening.
Ds. Naude is in Julie 1974  gebore. Hy het in Meyerspark Pretoria  grootgeword, skoolgegaan en later ook sy studies hier in Pretoria voltooi.
Sy vrou is Petra en hulle het twee kinders. `n Dogter Annika en `n seun Eduan.
Ds. Naude bedien alle kerkraadswyke wat wes van Charl Cilliersstaat geleë is.

 
Kerkraad 2011
.
 
Ds WH de Vos Wouter Predikant
Ds JN Kritzinger Naudé Predikant
Oudl JC Naudé Corrie Voorsitter van die Kerkraad en Erediens
Oudl JAJ Hayes Jurie Voorsitter Ouderlingraad
Vakant

Voorsitter Gemeentebediening
Oudl F Bergh
Ferdie Gemeentebestuurder
Oudl JTK Fourie Johan Voorsitter Funksies
Oudl C Adlem Kallie Voorsitter Sending
Oudl M Morton Marie Voorsitter Barmhartigheid
Oudl WP Bezuidenhout Pieter Voorsitter Eiendomme
Diak JN van Heerden Nico Voorsitter Diakonie
Diak J Janse v Rensburg
Jaco
Voorsitter Finansies
Diak JC vd Merwe
Johan
Voorsitter Jeug
Diak RE Joubert Riana Notulehouer