|
Wonderboompoort Gemeente het gedurende 2009 geskiedenis gemaak deur die eerste keer in die bestaan van die gemeente `n sopkombuis aan behoeftige mense aan te bied. Op die 11 Desember 2009 het lede van die Barmhartihheidskommissie nagenoeg 40 persone bederf met `n vyfster kersmaal wat drie vleise, groente, nagereg en kerskoekies ingesluit het.
|
