|
Hier volg `n uittreksel uit die notule van die afgelope kerkraadsvergadering wat op 26 Januarie 2010 gehou was.
Bome op die kerkterrein
Die bome in die parkeerterrein aan die oostekant van die kerk raak ongelukkig `n probleem. Die wortels is besig om die parkeerarea op te breek. Geen herstelwerk aan die parkeerarea kan gedoen word terwyl die bome steeds daar is nie. Die wortels is ook vinnig besig om na die kerkgebou te groei waar dit groot strukturele skade kan berokken. Een van die bome het ook reeds omgewaai as gevolg van `n verrotte wortelstelsel. Die bome is oud en die ander sal weldra dieselfde pad volg. Die Kerkraad keur met groot spyt goed dat die bome afgekap moet word. Goedgekeur |