KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

Sixties Basaar

posted 9 Jun 2010 07:04 by Naude Kritzinger   [ updated 9 Jun 2010 07:33 ]
Die Sixties basaar in Mei 2010 was 'n groot lekkerte. Ons is baie dankbaar dat dit lyk of dit (saam met die kollektelyste) meer as R60 000 wins gaan wys. Maar in alle eerlikheid was die onderlinge gees, kaskanades,  en saamkuier baie meer werd. Dankie vir elkeen wat 'n aandeel hierin gehad het.