5:30 Sondag-oggend trek 'n groep van ons gemeente met ons voete op tot op ons berg. 'n Groep van 42 mense kyk en wag vir die son om op te kom saam met koffie en hotcross buns. Moeilik om op te staan in die donker, maar dankbaar dat Hy vir ons vir ewig lig en lewe bring. Selfs die swart bobbejaansterte juig met vrolike blomme van nuwe lewe. |



