KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

'n SendingFEES

posted 23 Sep 2011 06:17 by Naude Kritzinger
4-11 September was 'n wonderlike en geseende tyd gewees met ons sendingfees. Michael Hack, van OM (Operasie Mobilisasie) het die vlam in ons gemeente se sendingywer weer opnuut aangeblaas as hoofspreker. 'n Sendingstap en piekniek op die Sondag-middag was ook heerlik. En ons is so dankbaar: Die Geloofsbelofte-offer beloop R431 000, meer as R100 000 meer as wat die vorige jaar belowe is. Hier op die foto is die sendingstap wat hierdie jaar Vrydag-aand was. Ons kon die Lig letterlik ons omgewing indra. Met die geel hemp is ds Christo Verkeuyl, ons sendeling in die Fillipyne wat die opening waargeneem het.