 27 November was dit 'n Kerssangfees wat nog baie vir die toekoms voorspel. Ons is dankbaar vir die verskeidenheid in ons gemeente: Die kleuters wat geskenkies uitdeel, die koor wat suiwer sing, die jnr juig sing met bewegings. Dit was hoendervleis om saam met die aand se "band" meegesleur te word met Koes Doep se Somerkersfees. En te sing. En as mense vorentoe stap om (met 'n geskenkie aan die groot boom) dankie te sê vir mense, voorsiening, en beskerming - dan kon mens sien hierdie dankbaarheid vir die jaar kom uit die hart uit. Mag dit die begin wees van 'n kersseisoen waar die Lig weer 'n keer sigbaar na die wêreld toe kom! |