Die Here het ons weereens geseën met 'n heerlike gesellige basaar. Die gees en betrokkenheid by Vrydag-aand se spin-om-die-wêreld was iets besonders. En Saterdag se saamwees, saamspeel en saameet saam met al die lande van die wêreld was 'n fees. 'n Voorlopige bedrag van meer as R61 000 is met die poging gemaak. Dankie vir elkeen van julle wat daarin deel gehad het. |
