KENNISGEWINGS

KLEINGROEP KERKWEES 2012
Soos ook elders op ons webwerf opgemerk kan word fokus ons hierdie jaar om ons kleingroepbediening uit te brei.
Die besluit om deel van `n kleingroep te word kan dalk die belangrikste besluit van `n mens se lewe wees. Nie net verseker dit geestelike groei in ons lewens, wat ons almal so nodig het nie, maar dit berei ons ook voor vir daardie dag wat elkeen tot rekenskap geroep sal word.
Ons nooi almal, gesinne en/of enkellopendes, uit om deel van ons fokus te word.
Kleinroepe vergader elke aand van die week van Maandae tot Donderdae en dan ook op Vrydag oggende.
Indien u wil aansluit voltooi slegs die "kontakvorm" op die webwerf, meld u naam, adres en u voorkeur van watter tyd u sou verkies om by te woon. Die res sal vir u gedoen word.
Ons sien uit  daarna om u te verwelkom by ons kleingroep familie.
Die Kerkraad.
Nuus‎ > ‎

Jnr Jeugkamp 2010. BRING IT!

posted 8 Mar 2010 23:09 by Naude Kritzinger   [ updated 8 Mar 2010 23:18 ]
Die naweek was die junior jeug se kamp by Rocky Valley. Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees vn so 'n span personeel en 'n verskil te kan maak in kinders se lewens! Om saam te kan speel, te luister, berg te klim. Maar die verstommendste van alles is hoe God se Gees in hierdie kinders kan werk.